Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Fourie was Loftus-lokaas vir Zak

Fourie du Preez se betrokkenheid by die Blou Bulle was die heuningpot wat die skrumskakel Zak Burger na Loftus Versfeld gelok het.

Zak Burger laat wiel in die Griekwas-trui. Foto: Gallo Images

“Vir seker was dit aanloklik,” het Burger aan Rapport gesê ná Griekwas Vrydag aangekondig het hy verlaat Kimberley om ’n Pretorianer te word.

“As ’n kaalvoetklong was dit Fourie na wie ek opgekyk het. Hy was ’n uitstekende speler en het ongelooflik baie ervaring. Dit gaan vir my ’n groot voorreg wees om by hom te leer.”

Die 22-jarige Burger sluit hom in Maart by die Bulle aan nadat hy die week vroeër deur Griekwas van sy kontrak vrygestel is. Jake White-hulle het ingestem om ’n oordragfooi van sowat R750 000 vir Burger te betaal, aangesien sy Griekwas-kontrak eers volgende jaar sou verstryk het. Hy is nou tot 2024 by Loftus gekontrakteer.

Die gewese Griekwa-kaptein sê hy is dankbaar vir die geleenthede wat sy afrigtingspanne en spanmaats in Kimberley hom gegee het.

Die besluit om ’n Bul te word, was nietemin ’n maklike een.

“Die Bulle speel tans uitstekende rugby en is ’n unie met ’n ryke geskiedenis. Met die Bulle wat ook nou in die oorsese kompetisie gaan speel, dink ek dat ek as ’n speler soveel meer gaan leer in daardie omstandighede en as ’n speler by die Bulle sal groei,” sê hy.

Burger, ’n produk van Paarl Gimnasium, sê hy is veral opgewonde daaroor om deur White afgerig te word.

Coach Jake het sukses met sy spanne waar hy ook al gaan afrig. Ek weet ek gaan baie by hom leer.”

Volgens die skrumskakel is daar geen spesifieke rede vir sy goeie spel vir Griekwas in vanjaar se Curriebekerreeks nie.

“Ek is baie bevoorreg om ’n werk te hê wat ek baie geniet,” sê hy. “Dit is vir my glad nie ’n straf om op te staan en te gaan werk nie. Dit maak dit makliker as ’n mens geniet wat jy doen.”

Die voormalige Springbokvleuel, Pieter Rossouw, word deur Burger uitgesonder as die persoon wat die grootste invloed op sy rugbyloopbaan gehad het.

Coach Pieter het my in matriek afgerig. Hy het my baie geleer as ’n speler en mens. Hy is vir my ’n mentor.”

Meer oor:  Zak Burger  |  Fourie Du Preez  |  Griekwas  |  Blou Bulle
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.