Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Franco brei Cheetahs vir oulaas in CB
Franco Smith
Franco Smith sal op 1 Januarie volgende jaar as afrigter van Italië se nasionale span inval. Foto: Gallo Images

Ná weke van bespiegelinge het die Vrystaat Rugbyunie Dinsdag aangekondig dat Franco Smith wel die unie gaan verlaat.

Die unie het ook bevestig dat Smith die pos as afrigter van Italië se nasionale span aangebied is, met ingang 1 Januarie 2020.

Die 46-jarige Smith sal wel nog die Vrystaat-Cheetahs in die Curriebeker-reeks afrig, met sy opvolger wat die leisels sal neem vir die volgende Pro14-reeks, wat in September begin.

Die raad van direkteure het intussen met ’n proses begin om ’n nuwe breier aan te stel, wat ook deel van die afrigtingspan tydens die Curriebeker-reeks sal wees “om die kultuur te ervaar”, aldus ’n verklaring van die Vrystaat Rugbyunie.

Ná afloop van die Curriebeker-reeks sal Smith tot aan die einde van November aanbly in sy pos as direkteur van rugby. – Sportredaksie

Meer oor:  Italië  |  Cheetahs  |  Vrystaat-Cheetahs  |  Franco Smith  |  Curriebeker
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.