Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Franco: Bulle sit beste voet voor ná nederlae

Die Vrystaat-Cheetahs het ’n baie mededingender Curriebeker-groep as verlede jaar danksy die harde lesse wat dié span die afgelope seisoen in die Pro14-reeks geleer het.

Dís volgens hul afrigter, Franco Smith, wat die Vrystaters Vrydag ’n laaste keer na Loftus Versfeld in Pretoria vergesel vir hul Curriebeker-wedstryd teen die Blou Bulle.

Die Vrystaat-losskakel, Tian Schoeman, keer Vrydag die eerste keer terug na Loftus Versfeld sedert hy in 2017 die Blou Bulle verlaat het. Foto: Gallo Images

“Ons het hard gewerk met dié groep. Die teenstanders teen wie ons in die Pro14-reeks gespeel het, het gemiddeld tussen 19 en 23 spelers gehad wat al internasionale rugby gespeel het.

“Ons moes eenvoudig aanpas of die aftog blaas. Die ondervinding wat ons daar opgedoen het, maak van ons ’n baie meer mededingende groep as die een wat ons verlede jaar in die Curriebeker-reeks gehad het.

“Met die uitsondering van die slotte Sintu (Manjezi) en Walt (Steenkamp), wat nog nie Curriebeker-rugby vir ons gespeel het nie, weet almal wat voorlê,” sê Smith.

Darren Adonis, plaasvervanger agterspeler, sal ook sy CB-buiging maak as hy opdraf.

Smith waarsku in dieselfde asem dat die Ligbloues ná hul nederlaag met 5-20 op Nuweland teen die Westelike Provinsie ’n ander span sal wees.

“Ons het in die Superrugby-reeks gesien die Bulle speel goeie rugby ná ’n nederlaag en Vrydag gaan geen uitsondering wees nie.

“Hulle sou gewerk het aan wat fout gegaan het, so ons weet dit gaan nie ’n maklike wedstryd wees nie.”

Dis die eerste keer dat die Abongile Nonkontwana (flank), Tian Schoeman (losskakel), Louis Fouché (heelagter) en Dries Swanepoel (senter) na Loftus Versfeld terugkeer sedert hulle vir die Bulle gespeel het.

Dit is ’n móét-wen-situasie vir ons.
Pote Human

Die Bulle se breier, Pote Human, sê hulle respekteer die Vrystaat maar sy span is onder druk om te wen.

“Dit is ’n móét-wen-situasie vir ons. Die spelers besef ons het ’n nederlaag agter die blad en het geen punte verdien nie, so die druk is op ons.

“Die Vrystaat gaan die reeks gebruik om vir die Pro14-reeks te slyp, so ek verwag ’n interessante wedstryd,” sê Human.

Hy sê hulle het teen die WP baie geleenthede geskep, maar nie afgerond nie en dit het aandag gekry.

Ons moes eenvoudig aanpas of die aftog blaas.
Franco Smith

’n Afdeling waarin hulle swaargekry het, was die skrums en Human sê hy vertrou dit sal Vrydag beter gaan.

Hy sê hy hoop vir sy skrumafrigter, Daan Human, se onthalwe, die Bulle vaar goed teen sy ou span.

“Daan doen baie goeie werk met die agttal en dit kon in die Superrugby-reeks gesien word. Ek dink dit gaan vir hom ’n groot uitdaging wees, omdat hy by albei spanne betrokke was.”

Human sê die voorbereiding het goed verloop, hoewel die plaasvervanger-flank, Marco van Staden, weens sy betrokkenheid by die Springbokke, nie saam kon oefen nie.

Spanne

Blou Bulle: Divan Rossouw, Cornal Hendricks, Johnny Kotze, Burger Odendaal (k), Rosko Specman, Manie Libbok, Embrose Papier, Tim Agaba, Roelof Smit, Ruan Steenkamp, Andries Ferreira, Ruan Nortjé, Wiehahn Herbst, Jaco Visagie, Simphiwe Matanzima. PLAASVERVANGERS: Johan Grobbelaar, Dayan van der Westhuizen, Beertjie van Vuuren, Jean Droste, Marco van Staden, Ivan van Zyl, Marnitz Boshoff, Dylan Sage.

Vrystaat-Cheetahs: Louis Fouché, William Small-Smith, Benhard Janse van Rensburg, Dries Swanepoel, Rabs Maxwane, Tian Schoeman, Tian Meyer (k), Henco Venter, Abongile Nonkontwana, Junior Pokomela, Walt Steenkamp, Sintu Manjezi, Aranos Coetzee, Joseph Dweba, Ox Nche. PLAASVERVANGERS: Jacques du Toit, Charles Marais, Reinach Venter, JP du Preez, Jasper Wiese, Gerhard Olivier, Dian Badenhorst, Darren Adonis.

  • Skeidsregter: Marius van der Westhuizen.
  • Assistent-skeidsregters: Stephan Geldenhuys & Christopher Allison.
  • TV-skeidsregter: Joey Klaaste-Salmans.
  • Afskop: 19:15 (SS 1).

Curriebeker-bepalings

Curriebeker-puntelys

Curriebeker-uitslae

Meer oor:  Vrystaat  |  Bulle  |  Curriebeker
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.