Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Franco hou kaarte styf teen sy bors

Dit was vandeesweek haas onmoontlik om te sien wat die Vrystaat-Cheetahs se afrigter, Franco Smith, in die mou voer vir Saterdag se Curriebeker-wedstryd teen die Westelike Provinsie in Bloemfontein.

Die Vrystaatse vleuel Rabz Maxwane oefen weer voluit nadat hy las van ’n besering gehad het. Foto: Gallo Images

Met heelwat spelers op die krukkelys en andere wat weer van beserings terugkeer, kon daar tydens oefensessies nie veel gelees word in hoe die opdrafspan daaruit sal sien nie.

Die sluier sal eers Donderdag gelig word aangesien Smith nog wil sien hoe van sy beseerde spelers op behandeling reageer.

Die Vrystaat-stut Erich de Jager, wat verlede week in die plek van Aranos Coetzee in die opdrafspan ingesluit is, het ’n ribbesering en daar bestaan kommer of hy vir Saterdag se allerbelangrike stryd beskikbaar sal wees.

Die Vrystaat en WP wil albei hul plekke in die halfeindronde bespreek, en sal hul beste beskikbare 15-talle op die veld stoot.

Wat die Bloemfonteinse span betref, is dit weer ’n geval soos verlede week waar spelers tot op die laaste nippertjie gegun sal word om hul fiksheid te bewys.

Ná die Vrystaat se oorwinning oor die Pumas en die WP se nederlaag teen Griekwas, behoort die Vrystaters as gunsteling op die veld te draf, maar die WP kan nooit onderskat word nie. Veral nie met drie terugkerende Springbokke in sy geledere nie.

Franco Smith, hoofafrigter van die Vrystaat-Cheetahs, swyg nog soos die graf oor sy span wat die Westelike Provinsie Saterdag gaan pak. Foto: Gallo Images

Die vleuels Rabz Maxwane (ruskans) en Darren Adonis (dyspier), wat nie teen die Pumas in aksie was nie, het Dinsdag weer voluit geoefen.

Dit is Saterdag moontlik die laaste Curriebeker-wedstryd van die seisoen in die Toyota-stadion, afhangende van hoe die vier spanne vir die halfeindronde van die Curriebeker-reeks sal aantree.

Smith het die hoop uitgespreek dat ondersteuners die span teen die WP sal kom ondersteun.

Dit kan moontlik ook Smith se laaste wedstryd voor sy tuisskare wees. Indien die Vrystaat tot die halfeindronde en die eindstryd deurdring, sal hy vir nog twee wedstryde in beheer wees voordat hy in November die Vrystaat Rugbyunie groet.

Hy sluit hom in Januarie by Italië as die Azzurri se breier aan.

Curriebeker-bepalings

Curriebeker-puntelys

Curriebeker-uitslae

Meer oor:  Vrystaat  |  Wp  |  Franco Smith  |  Curriebeker
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.