Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Franco kap blaser oor tydmors

Die Cheetahs se breier, Franco Smith, het bevestig hy het ’n e-pos aan die Pro14-reeks se skeidsregterbaas, Greg Garner, gestuur waarin daar gekla word oor die oorsese spanne wat doelbewus wedstryde vertraag.

Marius Mitrea. Foto: Getty Images

Die Pro14-rugbyspanne van Europa vertraag doelbewus die spel in ’n poging om die lugdruk te bowe kom, maar dit ontwrig die Cheetahs se wedstrydplanne.

Die skeidsregter in Sondag se Pro14-wedstyd teen Munster in Bloemfontein, Marius Mitrea van Italië, het toegelaat dat die Ierse besoekers spel telkemale vertraag omdat hulle met die lugdruk gesukkel het.

Smith was ná die wedstryd nogal erg omgekrap daaroor.

“Die e-pos is gestuur en ek het my klagtes daarin uiteengesit. Dit gaan maar daaroor dat besoekende spanne tyd mors en die skeidsregters dit toelaat,” sê Smith.

“Dit is ontwrigtend as ons nie ons wedstrydplan kan deurvoer nie. Ons oefen hard om seker te maak ons is reg vir enige aanslag.

“Ons oefen nou juis in die hitte, want ons volgende wedstryd teen Benetton Treviso skop om 14:30 (op 24 November) af en ons pas ons wedstrydplan gevolglik daarby aan.”

Sou dié wedstryd soos die een teen Munster vertraag word, sal dit die Cheetahs se planne weer beduiwel.

Smith het na verneem word ook gekla oor hoe die reëls by die afbreekpunte toegepas is en hoe sy span se dryfmaalbewegings gestop is.

Hy sê hy verwag teen volgende week ’n antwoord, aangesien die meeste beamptes tans by ’n vergadering van Wêreldrugby is.

Daar was in die wedstryd teen Munster Sondag ook ’n voorval waar ’n speler oor die kantlyn was, maar die assistent-skeidsregter dit nie raakgesien het nie.

As hy die regte beslissing gemaak het, sou die Cheetahs hulle in ’n baie gunstige posisie bevind het.

Maar in plaas daarvan om aan te val, moes hulle toe omdraai om te verdedig. Dié voorval word glo ook in Smith se skrywe vermeld.

“Dit is geringe voorvalle wat groot gevolge ingehou het,” sê Smith.

Meer oor:  Blasers  |  Munster  |  Pro14  |  Cheetahs  |  Franco Smith
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.