Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Franco lugtig vir gekweste Blou Bulle

Die Blou Bulle sal opstaan ná Saterdag se nederlaag van 5-20 teen die Westelike Provinsie, want hulle weet waar hulle tekort geskiet het, sê die afrigter van die Vrystaat-Cheetahs, Franco Smith.

Hy sê die Bulle is in die hande van ’n goeie afrigtingspan wat goed vertoon het in die afgelope Superrugby-reeks.

“Die Bulle het klomp jong, maar talentvolle spelers. Maak geen fout nie, hulle gaan opstaan en daarby is hulle by die huis nooit ’n maklike span nie,” sê Smith.

Tian Schoeman keer Vrydag die eerste keer sedert 2017 terug na Loftus Versfeld. Foto: Getty Images

Die spanne pak mekaar Vrydagaand op Loftus Versfeld in Pretoria.

Die Vrystaat het die afgelope naweek ’n loslootjie gehad en sou kennis geneem het van die wedstryd tussen die Blou Bulle en die WP.

“Die reeks is kort – vanweë ’n enkel ronde – en elke keer as daar ’n geleentheid is om punte in te samel, moet dit geneem word. Dit gaan belangrik wees om punte by die huis te kry.

“Pote (Human) en sy spelers het ná die wedstryd teen WP gesê hulle weet hulle te doen staan. Die spelers wat hulle het, het baie ervaring,” sê Smith.

Verlede jaar kon die Vrystaat nie ’n enkele wedstryd in die CB-reeks wen nie. Dit was nadat die eerste twee Curriebekerwedstryde en Pro14-reeks oorvleuel het.

Die Bulle het ooreenstemmende wedstryd verlede jaar met 34-12 in Bloemfontein gewen.

Smith sê daar moet nie te veel in gelees word na die naweek se wedstryd nie, maar voeg by dat ’n span soos Griekwas die vroeë pasaangeër is.

Dit gaan belangrik wees om punte by die huis te kry.

“Griekwas het die standaard en tempo vir die reeks daargestel. As hulle dit volhou, gaan hulle moeilik geklop word. Daarby dink ek die Haaie se nederlaag van 13-37 (teen Griekwas) was ’n wekroep en as hulle hul ritme vind kan hulle ewe gevaarlik wees.”

Die Bulle sal Vrydag sonder die slot Lood de Jager (Springbokke) moet klaarkom, maar Smith sê hy gaan hom nie laat flous deur spelers wat nie daar is nie.

“Die speler wat Lood vervang gaan net so goed wees. Die Bulle het spelers van gehalte en daarby het hulle diepte.”

Die naweek sal ook die eerste keer wees dat die voormalige skrum-ghoere van die Vrystaat, Daan Human, teen sy ou span te staan kom.

Hy het hom op 1 Mei as die Bulle se skrumdokter aangesluit en het deeglike kennis van veral die Vrystaat se agttal, aangesien hy hulle voorheen met welslae gebrei het.

“Kom ek stel dit so, ek weet wat Daan weet,” was al wat Smith bereid was om oor sy oud-kollega en die stryd voorlangs te sê.

Curriebeker-bepalings

Curriebeker-puntelys

Curriebeker-uitslae

Meer oor:  Vrystaat  |  Blou Bulle  |  Curriebeker
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.