Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Franco rep g’n woord oor skuif Kaap toe

Berigte dat die Vrystaat se direkteur van rugby, Franco Smith, dalk sy tasse sal moet pak en die Rosestad vir die Moederstad sal moet verruil, is bloot bespiegelinge.

Dis die reaksie van die Vrystaat Rugbyunie nadat daar die naweek berig is dat Smith, die Bokke se aanvalsafrigter, hom in Kaapstad sal moet vestig om nader aan die hoofkantoor van die Suid-Afrikaanse Rugbyunie (Saru) in Plattekloof te wees.

Franco Smith, aanvalsafrigter van die Springbokke. Foto: Gallo Images

Saru se nuwe direkteur van rugby, Rassie Erasmus, het Smith luidens die berig versoek om dit te doen indien hy by die nasionale span wil aanbly.

Erasmus vereis daarvolgens dat Smith dié skuif permanent óf ten minste tydelik sal maak.

Daar is na verneem word ’n ooreenkoms tussen die Vrystaat en Saru oor Smith, wat in Bloemfontein bly en pendel na waar die Springbokke hom ook al benodig.

So het die Vrystaat-Cheetahs se uitvoerende hoof, Harold Verster, gesê toe hy oor Smith se posisie uitgevra is.

Smith self sê hy kan geen kommentaar lewer nie en het alle navrae na Erasmus verwys.

Hy is tot aan die einde van 2019 by die Vrystaat gekontrakteer.

“Sover dit ons aangaan, is als wat in die media beweer word blote bespiegelinge. Ons posisie is dat hy (Smith) hier die direkteur van rugby is en dat hy die amptelike aanvalsafrigter van die Springbokke is.

“Ons het ’n ooreenkoms met Saru dat hy van tyd tot tyd by hulle sal wees en van tyd tot tyd by ons. Ons het op daardie grondslag ’n goeie ooreenkoms,” sê Verster.

Sover dit ons aangaan, is als wat in die media beweer word blote bespiegelinge. Ons posisie is dat hy (Smith) hier die direkteur van rugby is en dat hy die amptelike aanvalsafrigter van die Springbokke is
Harold Verster

Smith het met sy aanstelling in die pos by die Springbokke laat blyk dat hy in Bloemfontein wil aanbly nadat hy dit met sy gesin bespreek het. Sy kinders is in Bloemfontein op skool.

Verster sê verder hulle weet nie wat Erasmus se planne is nie.

“Wat vorentoe gaan gebeur met die nuwe direkteur van rugby, is totaal onseker. Ons wag om te sien en het geen verdere inligting oor die saak nie,” sê Verster.

Daar is óók berig dat Smith vanjaar by afrigting by Grey-kollege en by die Shimlas betrokke sal wees.

Sou Smith Kaapstad toe verhuis, sal hy die enigste lid van die Springbokafrigter, Allister Coetzee, se afrigtingspan wees wat hom verlede jaar bygestaan het, wat vanjaar as hulpafrigter aanbly.

Meer oor:  Springbokke  |  Rassie Erasmus  |  Franco Smith
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.