Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Franco wil almal se glase ewe vol hou

Die Vrystaat-Cheetahs moet vergeet van alles wat in die vorige vyf wedstryde gebeur het en Saterdag se Curriebeker-stryd teen die Westelike Provinsie hul beste voet voor sit.

Abongile Nonkontwana is terug in die Vrystaat-Cheetahs se beginspan vir die Curriebeker-wedstryd teen die Westelike Provinsie Saterdag in Bloemfontein. Foto: Gallo Images

Dít, in ’n neutedop, is Franco Smith (afrigter) se boodskap aan sy span, voor ’n kragmeting wat sal bepaal of hulle volgende week in die halfeindronde gaan speel.

Smith het behoorlik die snoeiskêr ingelê, maar bly vol vertroue dat die beginspan en die plaasvervangers die ding sal kan doen teen die Streeptruie, wat veg om oorlewing in die kompetisie.

William Small-Smith maak die eerste keer in ’n baie lang tyd sy verskyning op binnesenter, nadat hy die laaste paar seisoene meestal op vleuel aangewend is. Hy is een van nege veranderings, wat drie posisionele skuiwe insluit. Hy vervang Dries Swanepoel, wat las van ’n hakskeenbesering het, maar voorlopig op die plaasvervangersbank ingesluit is.

“Dries kon nie vandeesweek saam met die res van die span oefen nie, maar hy gaan beskikbaar wees om te speel.

“As van die uitslae vroeër die seisoen anders uitgewerk het, sou ons van die agterspelers lankal reeds geroteer het. Ons het dit reeds met die voorspelers gedoen.

“Dit gaan maar daaroor dat jy nie ’n Pro14-reeks (wat op 27 September begin) ingaan met ’n klomp spelers wat niks gespeel en ander wat weer té veel gespeel het nie.”

Smith is ook in sy noppies met die terugkeer van sy eerstekeuse-losskakel, Tian Schoeman, wat herstel het van ’n kuitbesering, maar ook kans gekry het om te herlaai nadat hy ’n lang Pro14-reeks gehad het.

“Ek wil hê almal se glase moet ewe vol bly en dit is maar waaroor dit gegaan het met die samestelling van die span vir Saterdag se wedstryd.

“Glase wat oorloop en halwe glase kan nie bekostig word het,” het Smith sy veranderinge verduidelik.

Hy sê afgesien van die eerste naweek in die reeks, het die Vrystaat nie ’n blaaskans gehad nie en die welstand van die spelers – met die oog op die Pro14 – is vir hulle belangrik en dit is hoekom daar noukeurig te werk gegaan het met die aanwys van die 23-tal.

* Marius van der Westhuizen is Saterdag die skeidsregter.

Vrystaat-Cheetahs: Clayton Blommetjies, Darren Adonis, Benhard Janse van Rensburg, William Small-Smith, Tian Meyer (k), Tian Schoeman, Ruan Pienaar, Henco Venter, Abongile Nonkontwana, Junior Pokomela, Walt Steenkamp, Sintu Manjezi, Boan Venter, Joseph Dweba, Hond van der Merwe. PLAASVERVANGERS: Jacques du Toit, Ox Nche, Aranos Coetzee, JP du Preez, Gerhard Olivier, Jasper Wiese, Dries Swanepoel/Dian Badenhorst, Louis Fouché.

Curriebeker-bepalings

Curriebeker-puntelys

Curriebeker-uitslae

Meer oor:  Westelike Provinsie  |  Cheetahs  |  Wp  |  Curriebeker
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.