Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Frans Steyn draf eers vir Baabaas uit

Drie Springbokke en twee gewese Suid-Afrikaners is ingesluit in die Barbarians se groep vir rugbywedstryde teen Engeland op 28 Mei en Ulster op 1 Junie.

Schalk Brits, hier vir Saracens in aksie in die halfeindronde van die Engelse Premierliga, is by die Barbarians se groep ingesluit. Foto: Getty Images

Frans Steyn, Schalk Brits en Ruan Pienaar sal saam met hul voormalige landgenote Rory Kockott (Frankryk) en WP Nel (Skotland) teen Engeland in aksie wees.

Pienaar sal egter in die Ulster-stryd vir dié Ierse span, sy rugbytuiste vir etlike seisoene, in aksie wees.

Steyn is Dinsdag by die Bok-groep vir die reeks teen Frankryk ingesluit en sal eers ná sy Baabaas-verpligtinge by die Bokke aansluit.

Die Ierse losskakel Ian Madigan en Argentynse vleuel Horacio Agulla is ook by die Barbarians se groep gevoeg, wat beteken dat die spelers tot die hoofafrigter, Vern Cotter, se beskikking gesamentlik met 1 018 toetse sal spog.

Die Barbarians speel vir die 16de keer sedert 1990 teen Engeland, en het sewe van die wedstryde gewen en agt verloor.

Hulle speel vir die eerste keer sedert 1957 teen Ulster.

Barbarians se groep:

Agterspelers: Horacio Agulla (Castres en Argentinië), Adam Ashley-Cooper (Bordeaux Bègles en Australië), Yann David (Toulouse en Frankryk), Kahn Fotuali’i (Bath en Samoa), Robbie Freuan (Bath), Rory Kockott (Castres en Frankryk), Ian Madigan (Bordeaux en Ierland), Timoci Nagusa (Montpellier en Fidji), Waisea Nayacalavu (Stade Francais en Fidji), Ruan Pienaar (Ulster en Suid-Afrika), David Smith (Castres), Frans Steyn (Montpellier en Suid-Afrika).

Voorspelers: Patricio Albacete (Toulouse en Argentinië), Steffon Armitage (Pau en Engeland), Schalk Brits (Saracens en Suid-Afrika), Thierry Dusautoir (Toulouse en Frankryk), Corey Flynn (Star RFC en Nieu-Seeland), Ben Franks (London Irish en Nieu-Seeland), Gillian Galan (Toulouse), Richard Hibbard (Gloucester en Wallis), Facundo Isa (Lyon en Argentinië), Census Johnston (Toulouse en Samoa), Mikheil Nariashvili (Montpellier en Georgië), WP Nel (Edinburgh en Skotland), Mike Ross (Leinster en Ierland), Joe Tekori (Toulouse en Samoa), Jeremy Thrush (Gloucester en Nieu-Seeland).

Meer oor:  Ruan Pienaar  |  Schalk Brits  |  Frans Steyn  |  Barbarians
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.