Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Frans, Duane in Bulle se visier vir 2019?

Potensiaal, ervaring, die X-faktor en versoenbaarheid met die John Mitchell-plan.

Dít is waarna die Bulle op soek is, met die unie wat met verskeie voornemende aanwinste onderhandel.

Die Springbok-vaskopstut Frans Malherbe die afgelope naweek teen Engeland in aksie op Nuweland. Foto: Gallo Images

En ja, daar is twee of drie groot visse wat die Bulle wil inkatrol vir die 2019-seisoen, sê Xander Janse van Rensburg, die Blou Bulle Maatskappy (BBM) se hoëprestasiebestuurder.

“Ons kyk deurgaans daarna om ons groep te versterk en daar sal binne die volgende twee weke ’n aankondiging of twee wees.

“Daar is ’n verskeidenheid faktore wat vir ons belangrik is en die belangrikste is dat ’n aanwins sal gedy onder John.”

Die Bulle makeer veral in die agttal ervaring en spierkrag.

Daar is byvoorbeeld goeie diepte onder die slotte, maar die span het steeds Lood de Jager se leiding gemis nadat hy beseer is.

Dit is veral in die pak waar die Bulle ’n paar swaargewigte wil lok en selfs die name van Duane Vermeulen en Frans Malherbe word as moontlike aanwinste genoem.

Vermeulen se kontrak met die Franse klub Toulon het verstryk en hoewel hy op die kort termyn vir die Kubota Spears in Japan gaan speel, het hy nog nie aangedui waar hy sy loopbaan daarna gaan voortsit nie. Sy naam word wel met die Engelse klub Bath verbind.

Daar was vroeër ook gerugte dat daar groot belangstelling in die Blitsbok Dylan Sage is.

Die Bulle kan doen met ’n vaskopstut wat sy sout werd is.

Dit sal interessant wees om te sien wat die BBM se begroting toelaat.

John Mitchell, hoofafrigter van die Bulle. Foto: Gallo Images

Die verlenging van Mitchell se kontrak tot 2021 is in April op ’n direksievergadering van die Bulle voorgelê en goedgekeur.

Mitchell het aangedui hy wil graag by Loftus Versfeld aanbly, maar hy het sekere voorwaardes gestel.

Een daarvan is glo ’n gesonde spelersbegroting. Daar word betroubaar verneem dat die BBM nog nie aan dié vereiste kon voldoen nie.

Mitchell het die seisoen by verskeie geleenthede benadruk daar is leemtes in talle posisies.

Janse van Rensburg sê intussen dit is nie noodwendig die plan om ’n plaasvervanger vir die haker Adriaan Strauss te kry nie.

Die 32-jarige Strauss het vandeesweek uit die bloute bekend gemaak hy gaan ná die Superreeks sy stewels wegpak.

“Ons het in Jaco Visagie en Edgar Marutlulle twee hakers met ervaring en daar is ook opkomende talent in ons stelsel.”

Daar word ’n blink toekoms vir Johan Grobbelaar voorspel en Janse van Rensburg sê hy kan “Suid-Afrikaanse rugby se volgende Schalk Brits word”.

Afgesien van Strauss, is dit net die stut Pierre Schoeman (Skotland) wat verlore is vir die Bulle.

Die losvoorspeler Shaun Adendorff en die losskakel Francois Brummer gaan ook hul loopbane oorsee voortsit, maar hulle was duidelik nie deel van Mitchell se planne nie.

Meer oor:  Duane Vermeulen  |  Frans Malherbe  |  Bulle  |  Superrugby  |  Bbm
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.