Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Frans en kie baljaar vir Montpellier

Die Franse klubspan Montpellier, gelaai met Suid-Afrikaners wat die ander dag nog vir die Springbokke gespeel het, het Newcastle Falcons Saterdag op sy tuisveld afgeslag.

Frans Steyn / Foto: Getty Images

Die Franse het sewe drieë gedruk om die kragmeting in die Europese Kampioenebeker-wedstryd maklik met 45-8 te wen.

Die linkervleuel, Henry Immelman, het twee drieë gedruk, terwyl die slot Nico Janse van Rensburg die ander Suid-Afrikaner was wat die doellyn oorgesteek het. Die verloopte Haan, Paul Willemse, wat straks binnekort sy aangenome land gaan verteenwoordig, het ook ’n drie gedruk, nadat hy as plaasvervanger speelkans gekry het.

Die Franse se skakelpaar was die oud-Bokke Ruan Pienaar en Johan Goosen, met Frans Steyn wat die laaste vesting beman het. Voorlangs het Jannie du Plessis op vaskopstut gesak.

Pienaar het hoeka met vier doelskoppe geslaag, terwyl Goosen ook een deur die pale gejaag het. – Sportredaksie

Meer oor:  Ruan Pienaar  |  Montpellier  |  Johan Goosen  |  Frans Steyn  |  Rugby
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.