Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Frans Steyn fiks verklaar vir Stormers
Frans Steyn Foto: Gallo Images

Die ervare senter Frans Steyn het sy finale fiksheidstoets geslaag en sal Saterdagaand vir die Cheetahs in hul Superrugby Unlocked-wedstryd teen die Stormers op Nuweland opdraf.

Die 33-jarige Springbok het die vorige wedstryd teen die Haaie in Durban met ’n liesbesering misgeloop. Chris Smit het in die wedstryd in sy plek gespeel.

Smith is in aanloop tot die wedstryd teen die Haaie in ’n oefening beseer en is toe op die nippertjie onttrek. Hy is weer tot net voor die wedstryd teen die Stormers tyd gegun om genoegsaam te herstel.

Die tweemalige Wêreldbeker-wenner het tot Woensdag nog behandeling ontvang. Hy het Donderdagmiddag die eerste deel van die spanoefening meegemaak en ’n besluit oor sy deelname is Vrydagoggend verwag.

Dié besluit is na verdere toetse toe eers Saterdagoggend geneem.

Die Cheetahs-afrigter, Hawies Fourie, het met die spanaankondiging gesê die ervare Steyn maak met sy leierskap sowel as met sy besluitneming op die veld ’n groot verskil.

“Hy bring ook baie kalmte in die span en ons hoop hy sal gereed wees.”

Die afrigter het Saterdagoggend bevestig Steyn is oorgehaal vir die kragmeting wat sowel sy span as die Stormers ’n kans bied om steeds ’n voet in die agterdeur te hou.

Meer oor:  Superrugby Unlocked  |  Stormers  |  Cheetahs  |  Frans Steyn
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.