Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Frans Steyn gereed vir terugkeer

Die Springbok-agterspeler Frans Steyn het herstel van die besering wat hom langer as ses weke buite aksie gehou het en is gereed om weer te speel, sê sy Franse klubspan, Montpellier.

Frans Steyn was in 2017 vir die Bokke teen die Hane in aksie. Foto: Gallo Images

SuperSport berig die 31-jarige Steyn het in September sy boarmspier beseer in ’n 66-15-sege teen Toulouse en was sedertdien nie weer vir Vern Cotter se Top14-span in aksie nie.

Steyn, ’n Wêreldbekerwenner saam met die Bokke in 2007, was ’n lid van die groep wat in Junie 2017 ’n reekssege teen Frankryk behaal het, maar het nog nie onder Rassie Erasmus vir Suid-Afrika gespeel nie.

Sy landgenoot Henry Immelman is ook fiks verklaar en is beskikbaar vir Saterdag se kragmeting teen Agen.

Johan Goosen, wat 13 toetse vir die Bokke gespeel het, is egter nog buite aksie.

Die goeie nuus vir die losskakel, wat sy enkel in Oktober teen Toulon beseer het, is dat hy vordering maak met sy rehabilitasie en vir die eerste keer in meer as ’n maand begin hardloop het.

– Sportredaksie

Meer oor:  Bokke  |  Top14  |  Montpellier  |  Toetsrugby  |  Johan Goosen  |  Springbokke  |  Frans Steyn
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.