Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Frans Steyn vir 4 weke geskors

Frans Steyn, voormalige veelsydige Springbok-agterspeler, is vir vier weke geskors ná ’n gevaarlike duikslag in ’n Europese Kampioenetrofee-wedstryd.

Steyn, wat losskakel vir Montpellier in Frankryk speel, het in die wedstryd vir Johnny Sexton, sy direkte teenstander, hoog geduik.

Hy het ’n rooi kaart vir die oortreding, wat binne die eerste halfuur van die wedstryd gebeur het, ontvang.

Montpellier het die wedstryd met 57-3 teen Leinster verloor, en Steyn sal tot 6 Maart op die kantlyn wees.

Leinster se Nieu-Seelandse slot, Hayden Triggs, het homself ná die wedstryd ook ’n skorsing van drie weke op die lyf geloop nadat hy “kontak” met Nic White, Montpellier se skrumskakel, se oë gemaak het.

Meer oor:  Frans Steyn  |  Leinster
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.