Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Franse chaos: ‘Kaptein? Wie, ek?’

Die slot Sébastien Vahaamahina erken hy was nie bewus dat hy Frankryk se kaptein was vir die laaste 20 minute van Vrydag se Sesnasies-toets teen Wallis totdat die skeidsregter hom daarvan ingelig het nie.

Die Franse slot Sébastien Vahaamahina (middel) het nie besef hy het die kapteinskap teen Wallis oorgeneem nie. Foto: Getty Images

Vahaamahina (27) het die leisels by Guilhem Guirado geneem toe die gereelde kaptein in die 59ste minuut vervang is, hoewel niemand in die Franse kamp die groot slot daarvan ingelig het nie, berig SuperSport.

“Dit was die skeidsregter (Wayne Barnes) wat my kom vertel het,” sê Vahaamahina, wat sy land Vrydag by die Stade de France in Parys vir die eerste keer aangevoer het sedert sy debuut in 2012.

“Ek het hom gesê hy moet die kaptein spreek. Hy sê toe dit is ek. Die afrigtingspan het my nie vooraf gewaarsku nie.”

Vahaamahina dra die skuld vir die besoekers se wendrie. Dit was sy poging om die bal oor 30 m aan te gee wat die Walliese vleuel George North onderskep het om agter die doellyn te gaan kuier.

Die Clermont-slot sê hy het sy spanmaats geraadpleeg voordat hy besluite op die veld geneem het.

“Ek het met die skakelpaar en Louis Picamoles gesels oor watter besluite om te neem,” sê hy.

Die Hane se onderkaptein in toetse in 2018 was die veteraan-senter Mathieu Bastareaud, maar hy is deur die afrigter, Jacques Brunel, weggelaat en vervang deur die groentjie Romain Ntamack.

– Sportredaksie

Meer oor:  Toetsrugby  |  Hane  |  Sesnasies
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.