Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Franse kies Paul Willemse vir Sesnasies

Die Suid-Afrikaans gebore Paul Willemse is een van vyf groentjies in Frankryk se afrigter, Jacques Brunel, se groep vir die eerste twee wedstryde van die Sesnasies-reeks.

Paul Willemse kan in Februarie sy eerste toets vir Frankryk speel. Foto: Getty Images

Dié gebore Pretorianer het die Wêreldbekertoernooi vir o.20-spanne in 2012 saam met Suid-Afrika gewen. Hy het Suid-Afrika in 2014 verlaat om hom by die Top14-span Grenoble aan te sluit.

Willemse (26), wat sy rugby vir Montpellier speel, het einde November aangekondig hy het Franse burgerskap verwerf.

Rugby365 berig Brunel wys op die 2,01 m-slot se fisieke eienskappe as die rede vir sy insluiting.

“Jy hoef net na sy lengte en gewig te kyk, hy het die vermoë om kontinuïteit na ons spel te bring,” sê die breier.

Willemse kan saam met ’n ander Suid-Afrikaans gebore losvoorspeler Bernard le Roux in die skrum sak, met dié wat reeds 33 toetse vir die Hane gespeel het.

Die Fidjiaans gebore vleuel Alivereti Raka, wat ook in November sy Franse burgerskap verwerf het, beïndruk die afgelope vier jaar met sy goeie spelpeil vir Clermont, maar het weens ’n handbesering uitgemis.

Die ander nuwe gesigte is Toulouse se Romain Ntamack, die veelsydige agterspeler Thomas Ramos en stut Dorian Aldegheri, sowel as die La Rochelle-slot Gregory Alldritt.

Die ster-vleuel Teddy Thomas, slot Yoann Maestri en losvoorspeler Mathieu Babillot is weens beserings weggelaat.

Brunel se span, wat in November deur die Bokke geklop is en sy eerste nederlaag nóg teen Fidji gely het, begin sy Sesnasies-veldtog op 1 Februarie tuis teen Wallis.

* Franse groep: Voorspelers: Dorian Aldegheri, Gregory Alldritt, Uini Atonio, Demba Bamba, Pierre Bourgarit, Yacouba Camara, Guilhem Guirado (k), Arthur Iturria, Felix Lambey, Wenceslas Lauret, Bernard le Roux, Julien Marchand, Louis Picamoles, Jefferson Poirot, Dany Priso, Sebastien Vahaamahina, Paul Willemse. Agterspelers: Mathieu Bastareaud, Anthony Belleau, Geoffrey Doumayrou, Antoine Dupont, Gael Fickou, Wesley Fofana, Yoann Huget, Camille Lopez, Maxime Medard, Romain Ntamack, Morgan Parra, Damian Penaud, Thomas Ramos, Baptiste Serin.

– Sportredaksie

Meer oor:  Paul Willemse  |  Toetsrugby  |  Sesnasies
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.