Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Franse sê ja vir transgender vrouespelers

Die Franse Rugbyfederasie (FFR) het Wêreldrugby se riglyne verwerp en is van plan om van volgende seisoen af transgender vroue toe te laat om vrouerugby te speel.

Wêreldrugby het verlede jaar gesê hy het ná omvattende navorsing bevind “die veiligheid en regverdigheid van vroue kan nie gewaarborg word wanneer hulle teen transgender vroue in kontakrugby meeding nie”.

Die beheerliggaam het dit egter aan elke individuele nasionale federasie oorgelaat om te besluit of hy die riglyne op voetsoolvlak wil toepas.

Serge Simon, visepresident van die FFR. Foto: Getty Images

Die Franse het besluit om van hierdie vergunning gebruik te maak en eenparig gestem om transgender vroue in rugby betrokke te maak.

Die FFR het egter ’n paar beperkings en sê transgender vroue “moet kan bewys hulle gebruik minstens 12 maande hormoonterapie” en “hul testosteroonvlakke mag nie 5 nanomol per liter oorskry nie”.

Dit beteken transgender vroue wat steeds in die proses is om ’n geslagsverandering te ondergaan kan ook toegelaat word om vrouerugby te speel.

“Rugby is ’n inklusiewe sport sonder om tussen geslag, oorsprong of geloof te onderskei,” sê Serge Simon, visepresident van die FFR.

“Die FFR is gekant teen enige vorm van diskriminasie en beywer hom daagliks om te verseker almal kan hul vrye wil in die sport uitoefen sonder enige beperkings.”

Die FFR is die eerste nasionale federasie in Frankryk wat transgender vroue toelaat om in elitesport mee te ding. – Reuters

Meer oor:  Wêreldrugby  |  Ffr  |  Transgender  |  Vrouesport  |  Vrouerugby
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.