Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Franse vereer Kolbe met 3 pryse
Die Bok-vleuel Cheslin Kolbe is as die beste speler in Frankryk aangewys. Foto: Getty Images

Die Springbok-vleuel Cheslin Kolbe is Maandag in Parys as die Franse Top14-liga se Speler van die Seisoen gekroon.

Kolbe (26) was deel van die Bok-span wat vroeër vandeesmaand die Wêreldbekertitel in Japan verower het en was deurslaggewend in sy klubspan, Toulouse, se verowering van die Franse plaaslike titel in Junie.

Kolbe het sy buiging vir die Bokke gemaak nadat hy hom in 2017 by Toulouse aangesluit het.

SuperSport berig die spoedvraat het hierdie seisoen ses drieë in 16 verskynings in die liga gemaak voordat Toulouse die Bouclier de Brennus-trofee by die Stade de France vir ’n rekord 20ste keer verower het.

Kolbe is ook vereer as die beste Top14-speler by die rugbyskouspel in Japan deur Semi Radradra van Fidji en die Fransman Damian Penaud uit te stof.

Hy het boonop die prys gewen vir die beste drie in die Top14-liga die afgelope seisoen.

– Sportredaksie

Meer oor:  Cheslin Kolbe  |  Bokke  |  Top14  |  Toetsrugby  |  Springbokke  |  Wêreldbekerrugby
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.