Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Fred gaan saam met Toetie soesji eet

Dis amptelik, Fred Zeilinga, losskakel van die Cheetahs, het vroeëre gerugte bevestig dat hy hom wel ná die Pro14-reeks by die voormalige Springbok-afrigter Allister Coetzee se Canon Eagles in Japan sal aansluit.

Hy sal reeds op 1 Junie daar aanmeld.

Fred Zeilinga in aksie vir Suid-Afrika A teen die Franse Barbarians in die Orlando-stadion verlede jaar. Foto: Gallo Images
Fred Zeilinga op die aanval in Suid-Afrika A se wedstryd teen die Franse Barbarians in die Orlando-stadion in Soweto verlede jaar. Foto: Gallo Images

Die blondekop-losskakel het ’n kontrak van twee jaar geteken, met die opsie om tussen Januarie en Junie Pro14 óf Superrugby te speel.

“Hulle verkies eintlik dat dit Pro14 is, want die seisoen maak in Mei klaar en hul seisoen begin in Junie. So ek sal in alle waarskynlikheid in Augustus weer met Franco (Smith, afrigter) begin praat,” sê Zeilinga.

Die Southern Kings is ook ’n opsie. Hy sê terwyl sy agent die kontrak beklink het, het hy en Coetzee darem ook gesels oor sy koms.

Hy sê voorts veral Smith is bly dat hy ’n geleentheid kry om sy rugbyhorison te verbreed.

Zeilinga sê hy het by die Cheetahs baie geleenthede gekry en was dit nie vir hulle nie, was hy nie waar hy vandag is nie.

“My hoogtepunte by die Cheetahs is beslis die Curriebeker-sege in 2016 en ook my insluiting in die Suid-Afrikaanse A-span. Dít (SA A) is alles te danke aan die Cheetahs en ek sal eendag graag hiernatoe wil terugkeer,” sê Zeilinga.

Hy is een van ses Cheetahs wat in Japan te sien sal wees. Twee van hulle, die flank Henco Venter (Brave Lupus) en veelsydige agterspeler Clinton Swart (Verblitz), sal in Januarie na Bloemfontein terugkeer.

Tapiwa Mafura meld in November by die Cheetahs aan. Foto: Gallo Images

* Die heelagter van die Pukke, Tapiwa Mafura, het na verneem word ’n kontrak van twee jaar met die Cheetahs geteken. Hy sal hom eers in November by hulle aansluit nadat sy kontrak met die Luiperds verstryk.

* Die veelsydige agterspeler Ryno Benjamin is Vrydag op buitesenter ingesluit in die beginspan van die Boland Kavaliers vir hul SuperSport-uitdaagwedstryd teen die Grens-Bulldogs Sondag in Port Elizabeth.

Meer oor:  Allister Coetzee  |  Pro14  |  Cheetahs  |  Fred Zeilinga  |  Japan  |  Canon Eagles
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.