Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Gaan Eddie ’n skuif rugbyliga toe maak?

Eddie Jones word verbind met ’n skuif na Rugbyliga in Australië en ’n koerant in Sydney het die naam van die klub genoem wie hy blykbaar gretig is om af te rig.

Jones is tot Augustus 2021 aan Engeland gekontrakteer en ná verlede week se nederlaag van 12-32 teen Suid-Afrika in die eindstryd van die Wêreldbeker-toernooi, het hy erken sy toekoms is in die hande van Engelse Rugbyunie, berig walesonline.co.uk.

Eddie Jones, Engeland se afrigter, word met pos as afrigter in die Australië se Nasionale Rugbyliga verbind. Foto: Getty Images

Na onthul is dat hy “beslis” planne het om sy kontrak te eerbiedig, is Jones gevra hoekom hy nie die span tot die volgende Wêreldbeker-toernooi in 2023 wil lei nie.

“Ek het net vir twee jaar geteken,” het hy gesê.

“Dis die kontrak. Dis nie my besluit nie. Ek dink daar is ’n unie wat kontrakte gee en hulle besluit hoe lank dit is, nie die afrigter nie.”

Terug in sy geboorteland Australië, waar Jones se naam genoem word as moontlike opvolger vir Michael Cheika by die Wallabies, word hy ook verbind met ’n toekomstige skuif na Rugbyliga.

In Australië word Jones ook verbind met ’n moontlike skuif om Fidji se afrigter in die toekoms te word.

Die Sydney Morning Herald rubriekskrywer Danny Weidler, berig Jones wil die South Sydney Rabbitohs afrig, waar die legendariese Wayne Bennett tans die afrigter is.

“Die bespiegelinge rondom Eddie Jones is dat hy geoormerk is vir die werk as Wallaby-afrigter – maar die waarheid is dat daar is ’n ander werk is wat hy regtig begeer,” het hy geskryf.

“NRL-klubs neem kennis, Jones sal daarvan hou om in een of ander stadium van sy loopbaan ’n kans in rugbyliga te kry.

“Selfs al het hy ’n hoëprofiel en hoogs betaalde pos in wêreldrugby, is daar ’n deel van Jones wat homself wil toets. Soos sake staan, is om ’n werk in die NRL te aanvaar ’n groot een.

“Volgens my kennis, het hy aan sy vriende genoem om by Wayne Bennett by die Souths oor te neem, klink aanloklik. Hy het ’n sagte plekkie vir dié klub.

“Dis te betwyfel of die Rabbitohs bewus is van sy ambisies, omdat hy dit met slegs ’n uitgesoekte groep gedeel het.”

Jones het reeds bande met die NRL. Tydens die Wêreldbeker-toernooi in Japan, het hy die Raiders se afrigter, Ricky Stuart, na die Engelse kamp genooi.

“Eddie is gaande oor die liga,” het Stuart gesê.

“Die manier hoe die Engelse gespeel het ... laat ek sê ek het nog nie ’n rugbyspan so soortgelyk aan ’n ligaspan sien speel nie.

“Ek weet nie of hy in die NRL wil afrig nie. Kan hy die doen? Ek het geen twyfel daaroor as dit wel op sy radar is nie. Om ’n afrigter van een kode van die volgende te skuif ... hulle was nog nooit so na aan mekaar nie, so ja, dit kan gedoen word.”

Weidler beweer ook dat Jones in rugby daarvan sal hou om die uitvoerende hoof Rugby Australië te word. – Sportredaksie

Meer oor:  Wallabies  |  Eddie Jones  |  Rugbyliga  |  Engeland
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.