Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Gaan Engelse Eddie met Kiwi-breier vervang?

Die Engelse Rugbyunie (RFU) vry glo na die dienste van die Nieu-Seelanders Warren Gatland en Joe Schmidt as moontlike opvolgers vir Eddie Jones aan die stuur van die Rose.

Ierland se afrigter, Joe Schmidt, en Wallis se breier, Warren Gatland, is in die RFU se visier. Foto: Getty Images

Rugby365.com berig die RFU het bevestig sy werwingsproses om Jones se opvolger te identifiseer is reeds onderweg.

Die Aussie se kontrak verstryk eers in 2021, maar volgens die Daily Telegraph sal dit beëindig word indien Engeland onderpresteer in volgende jaar se Wêreldbekertoernooi.

Die RFU oorweeg afrigters wat sukses behaal het op internasionale vlak, wat Gatland (Wallis) en Schmidt (Ierland) sterk kandidate maak.

Albei Kiwi’s se huidige kontrakte verval aan die einde van die Wêreldbekertoernooi in 2019 in Japan.

Gatland het die Britse en Ierse Leeus gebrei in hul mededingende reeks teen die All Blacks verlede jaar nadat hy Wallis tot drie Sesnasies-titels en twee Grand Slams gelei het, terwyl Schmidt hierdie seisoen ’n Grand Slam saam met Ierland voltooi het.

Steve Brown, die RFU se uitvoerende hoof, sê daar is geen ooreenkoms om van mededingende rugbyunies se afrigters af weg te bly nie.

“Nee, so ’n ooreenkoms bestaan nie,” sê Brown.

“Die helfte van die toplande het nuwe afrigters ná die vorige Wêreldbekertoernooi bekom en die meeste van hulle is deur die Noordelike Halfrond aangestel, so hulle gaan in verskillende rigtings gaan.

“Dit is nogal mededingend, so niemand is buite perke nie. Dit gaan alles oor of hulle pas by die profiel en kriteria wat ons voorskryf.

“Hoewel ons uiteindelik graag ’n Engelsman as hoofafrigter wil hê, is ons prioriteit steeds om die beste afrigter vir Engeland aan te stel.

“Ons sluit niemand uit nie, maar wat ons nie gaan doen nie, is om ’n ander unie te ontstel. Ons benader die proses met respek, soos wat ons verwag ander unies sou optree.”

– Sportredaksie

Meer oor:  Rfu  |  Warren Gatland  |  Joe Schmidt  |  Toetsrugby  |  Eddie Jones
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.