Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Galthie brei Franse Hane ná WB-toernooi
Fabien Galthie / Foto: Getty Images

Die voormalige Franse skrumskakel Fabien Galthie sal Jacques Brunel as die nasionale rugbyafrigter opvolg ná vanjaar se Wêreldbeker-toernooi.

“Ek het Fabien Galthie as die afrigter aangestel,” het Bernard Laporte, die Franse rugbybaas, aan die Franse koerant Berry Republicain gesê.

Galthie (50) was die Franse kaptein tydens 2003 se WB-toernooi. Hy het 64 keer vir Frankryk gespeel en het die span in 2002 na die Grand Slam-titel in die Sesnasies-reeks gelei.

Brunel se kontrak verstryk ná die WB-toernooi in Japan.

Franse klubs het vroeër vandeesmaand in ’n referendum téén ’n buitelandse afrigter gestem.

Galthie is die breier van die Franse klub Toulon.

Frankryk sal in Japan in Groep C meeding teen Argentinië, Engeland, Amerika en Tonga.

– Reuters

Meer oor:  Frankryk  |  Toetsrugby  |  Hane  |  Wêreldbekerrugby
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.