Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
'Galthie het nie verkeerd opgetree'
Fabien Galthie, die afrigter van die Franse rugbyspan, voor die Hane se Sesnasies-wedstryd teen Italië aan die begin van Februarie. Die breier en 16 ander persone in die Hane-kamp is sedertdien positief vir die koronavirus getoets. Foto: Getty Images

Fabien Galthie, die afrigter van die Franse Hane, het hom nie skuldig gemaak aan riskante gedrag toe hy die span se bioborrel aan die begin van Februarie verlaat het om sy seun te sien rugby speel nie.

So is bevind in ’n interne ondersoek deur die mediese komitee van die Franse Rugbyfederasie (FFR), wat die taak opgelê is om die hantering van ’n Covid-19-uitbreking verlede maand in die Hane-kamp onder die loep te neem.

Galthie was een van vyf lede van die afrigtingspan wat saam met 12 spelers positief getoets is vir die virussiekte ná hul Sesnasies-oorwinning oor Ierland op 13 Februarie.

Die afrigter is egter in omstredenheid gedompel toe Bernard Laporte, die president van die FFR, erken het Galthie het die Franse bioborrel ná die Hane se oorwinning oor Italië (op 6 Februarie) verlaat om na ’n rugbywedstryd van sy seun te gaan.

Dit is glashelder dat wat (Galthie) gedoen het, wat ’n mens ook al mag dink . . . hy het die reg gehad om dit te doen, en daar was geen bepaalde risiko nie

Laporte het in ’n gesprek met France24.com gesê hy “sien nie waar die probleem kan wees nie – hy was buite en het ’n masker gedra”.

Die FFR se mediese komitee het tot dieselfde slotsom gekom, aldus hul hoof, Roger Salamon.

“Ek sê dit aan die begin van my verslag: Dit is glashelder dat wat (Galthie) gedoen het, wat ’n mens ook al mag dink . . . hy het die reg gehad om dit te doen, en daar was geen bepaalde risiko nie,” het Salamon gesê.

Die reaksie op die uitbreking in die Franse kamp, wat verlede week tot die uitstel van hul Sesnasies-kragmeting met Skotland gelei het, was fel in Frankryk.

Die Franse sportminister, Roxana Maracineanu, het gedreig om die Hane se toestemming om in die Sesnasies-reeks te speel, terug te trek as die FFR nie ’n ordentlike ondersoek doen nie en die FFR-raadslid Florian Grill het verlede naweek gevra vir ’n onafhanklike ondersoek.

’n FFR-woordvoerder het Woensdag aan Reuters gesê die verslag van hul interne ondersoek sal nie beskikbaar gestel word aan die publiek nie.

Les Bleus, wat albei hul eerste wedstryde gewen het, se volgende kragmeting is op 13 Maart teen Engeland op Twickenham. – Reuters, Sportredaksie

Meer oor:  Frankryk  |  Fabien Galthie  |  Bioborrel  |  Hane
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.