Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Garcès blaser vir Bokke, All Blacks

Die Fransman Jérôme Garcès is deur Wêreldrugby as die skeidsregter aangewys vir die Springbokke se Wêreldbeker-groepwedstryd teen die All Blacks in Yokohama, Japan, op 21 September.

Die Franse skeidsregter Jerômé Garcès preek vir Richie McCaw en Fourie du Preez, onderskeidelik die All Blacks en Springbokke se kapteins in 2015 se Wêreldbeker-halfeindstryd op Twickenham in Londen. Foto: Getty Images

Garcès is goed vertroud met die druk van kragmetings tussen Suid-Afrika en Nieu-Seeland. Hy was die blaser in twee van die Bokke se naelskraapse nederlae teen die All Blacks die afgelope klompie jare – 18-20 op Twickenham in 2015 se WB-halfeindstryd en 24-25 op Nuweland in 2017.

Dis straks ook nie vir die Bokke ’n goeie voorbode dat Garcès die fluitjie gedra het in hul opspraakwekkende nederlaag van 32-34 teen Japan in Brighton by 2015 se WB-toernooi nie.

Die Suid-Afrikaanse skeidsregter Jaco Peyper. Foto: Getty Images
Marius Jonker gaan bedrywig by die Wêreldbeker-toernooi wees as TV-skeidsregter. Foto: Getty Images

Hy was darem die skeidsregter in die Bokke se oorwinning van 23-12 oor Australië in verlede jaar se Rugbykampioenskap-stryd in Port Elizabeth. Hy was ook die blaser toe die Bokke die Aussies in 2013 op Nuweland met 28-8 geklop het.

Garcès se landgenoot Romain Poite en die Engelsman Karl Dickson is die assistente en nóg ’n Engelsman, Graham Hughes, die TV-skeidsregter vir die groot WB-toets tussen die Bokke en Kiwi’s in Yokohama.

Wat die Bokke se ander groepwedstryde betref, hanteer Mathieu Raynal, van Frankryk, die wedstryd teen Namibië op 28 September, Wayne Barnes die een teen Italië op 4 Oktober en Luke Pearce die een teen Kanada op 8 Oktober. Barnes en Pearce is albei Engelsmanne.

Jaco Peyper, die enigste Suid-Afrikaner onder die skeidsregters, is as blaser aangestel vir die yslike toets tussen Engeland en Frankryk op 12 Oktober. Die ander groepwedstryde wat aan hom toevertrou is, is Argentinië t. Tonga (28 September) en Japan teen Samoa (5 Oktober).

Indien als volgens plan verloop, sal die toets op 5 Oktober die 50ste van Peyper se loopbaan wees.

Marius Jonker, Suid-Afrika se voorste TV-skeidsregter, gaan ’n besige man wees gedurende die groepwedstryde. Hy is die TV-beampte in die volgende toetse: Frankryk t. Argentinië op 21 September, Italië t. Namibië op die 22ste, Fidji t. Uruguay op die 25ste, Georgië t. Uruguay op die 29ste, Nieu-Seeland t. Kanada op 2 Oktober, Engeland t. Argentinië op die 5de, Skotland teen Rusland op die 9de, Australië t. Georgië op die 11de, en Namibië t. Kanada op die 13de.

Kliek hier vir die volledige lys van beamptes vir die WB-groepwedstryde.

Meer oor:  Blasers  |  Bokke  |  Skeidsregters  |  Springbokke  |  All Blacks  |  Wêreldbekerrugby
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.