Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Gareth Thomas sê hy is MIV-positief
Die voormalige Rooi Drake-kaptein Gareth Thomas.Foto: Getty Images

Gareth Thomas, voormalige rugbykaptein van Wallis en die Britse en Ierse Leeus, het aan die BBC gesê hy is MIV-positief.

In ’n dokumentêr wat vandeesweek uitgesaai is, het die 45-jarige gesê toe hy in 2018 die nuus verneem, het almal na aan hom gedink die dood klop aan sy deur. Hy het in 2009 die eerste keer in die openbaar gesê hy is gay.

“Toe ek die eerste keer gehoor het ek moet met MIV lewe, was die meeste mense se eerste reaksie: jy gaan dood. ’n Mens kan nie iemand kwalik neem vir so ’n reaksie nie. Daar is baie oningeligte mense wat nie oor al die inligting beskik nie.”

Volgens Thomas het sy siektetoestand bitter min uitwerking op sy daaglikse bestaan. Danksy gevorderde medisyne neem hy ’n enkele pil per dag en laat elke ses maande bloedtoetse doen.

Thomas het sy toetsdebuut vir Wallis in 1995 gemaak en het uiteindelik die Rooi Drake 100 keer verteenwoordig. Hy het in drie toetse vir die Leeus gespeel. 

– Reuters

Meer oor:  Gareth Thomas  |  Wallis  |  Leeus  |  Gay  |  Rooi Drake  |  Bbc  |  Rugby
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.