Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Gary van Aswegen hang stewels op, verlore vir Griekwas
Gary van Aswegen in aksie vir die OP-Kings Foto: gallo images

Bloemfontein. – Ses knieoperasies het ’n belowende rugbyspeler se loopbaan geëis, en daarmee saam Griekwas se hoop om ’n ervare losskakel te kontrakteer, laat sneuwel.

Een van die gewese generaals van die Oostelike Provinsie Kings, Gary van Aswegen (25), het besluit om sy stewels op te hang.

Die boorling van Pretoria, wat sy rugbytande later by die Westelike Provinsie en Stormers geslyp het voor hy in 2014 vir die Kings gaan speel het, het op 11 April 2015 in Bloemfontein vir die laaste keer op die rugbyveld gedraf.

Sedertdien het die beseringspook hom geteister.

Hy was boonop ’n slagoffer van die chaos wat tans by die Kings-franchise heers.

Van Aswegen, wat tans in Hawaii vakansie hou, kan terugval op sy sakebelange, waarmee hy glo baie suksesvol is.

Vir Griekwas is sy uittrede ’n groot nekslag.

Peter Engledow, die hoofafrigter van die Poubloues, het gesê Van Aswegen sou sy rugby in Kimberley gespeel het as hy nie nou besluit het om die sport die rug toe te keer nie.

“Ek was in gesprek met hom en as hy (’n kontrak) sou teken, sou dit by ons gewees het,” het Engledow gesê.

“Dit is vir my ’n groot teleurstelling dat ons hom nie kon vasteken nie, want ek het baie hard gewerk om hom te kry.”

Volgens Engledow duur Griekwas se soektog na ’n nuwe losskakel voort.

“Dit sou ideaal gewees het om iemand met Gary se ervaring te kontrakteer, maar ons het in die stadium ’n ander moontlikheid wat ons verder ondersoek.

“Ons wil ook nog ’n slot kontrakteer,” het hy gesê.

Clinton Swart en André Swarts is tans die enigste spesialis-losskakels in Griekwas se groep. Die Poubloues trek van Maandag af weer saam om voor te berei vir die eerste ronde van die Curriebeker-reeks, wat in April begin.

Meer oor:  Gary Van Aswegen  |  Griekwas  |  Rugby
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.