Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Shane, Gerhard kan debuut vir Japan maak

Die kans dat Shane Gates en Gerhard van den Heever later hierdie maand hul debuut vir Japan se rugbyspan kan maak, het aansienlik verbeter.

Dié land se afrigter, Jamie Joseph, het albei dié Suid-Afrikaanse agterspelers ná afloop van ’n Japanse vyftiental se wedstryd teen die Sunwolves die naweek in Foekoeroi in sy finale groep vir die Brave Blossoms se twee komende toetswedstryde ingesluit.

Drie van die Suid-Afrikaners wat in Japan se groep vir die komende kragmeting met die Britse en Ierse Leeus ingesluit is. Van links is Gerhard van den Heever, Shane Gates en Wimpie van der Walt. Foto: Facebook

Gates en Van den Heever het albei vir die Japanse vyftiental gespeel.

Japan speel volgende naweek in Edinburg teen die Britse en Ierse Leeus en die naweek daarna teen Ierland in Dublin.

Nog twee oud-Suid-Afrikaners, Wimpie van der Walt (slot) en Lappies Labuschagné (flank), is ook in die groep van 35 ingesluit.

Van der Walt het al 16 toetse en Labuschagné agt vir Japan gespeel.

Die Japanse vyftiental moes behoorlik spook om Saterdag met 32-17 teen die Sunwolves te wen.

Die Sunwolves, wat met die rustyd met 14-3 voorgeloop het, het die Japanse vyftiental veral by die afbreekpunte onder groot druk geplaas.

“Dit was ’n goeie oefenwedstryd vir ons. Ons het die druk goed verwerk, maar my spelers moet besef dat hulle elke keer onder soveel druk teen die top-spanne gaan wees,” het Joseph gesê.

Twee spelers, die vleuel Kotaro Matsushima en die agtsteman Kazuki Himeno, sal hulle eers in Europa by die span aansluit.

Matsushima het nog verpligtinge by sy Franse klub Clermont en Himeno moet nog eers hierdie naweek vir die Highlanders in die eindstryd van die Trans-Tasmaanse reeks teen die Blues speel.

Japan se uitsoekgroep is: Agterspelers: Rohei Yamanaka, Raichi Takahashi, Siosia Fifita, Lomano Lava Lemeki, Gerhard van den Heever, Kotaro Matshushima, Shane Gates, Ryoto Nakamura, Timothy Lafaele, Yu Tamara, Rikiya Matsuda, Koki Arai, Naoto Saito, Kaito Shigeno. Voorspelers: Keita Inagaki, Asaeli Ai Valu, Craig Miller, Shinnosuke Kakinaga, Jiwon Koo, Yukio Morikawa, Atsushi Sakate, Yusuke Niwai, Kasuke Harikoshi, Ryota Hasegawa, Wimpie van der Walt, Uwe Helu, James Moore, Naoki Ozawa, Ben Gunter, Jack Cornelson, Lappie Labuschagne, Michael Leitsch (k), Tevita Tatafu, Amanaki Lelei Mafi, Kazuki Himeno. – Kyodo News, Sportredaksie

Meer oor:  Britse En Ierse Leeus  |  Ierland  |  Japan  |  Rugby
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.