Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Gatland brei Leeus straks teen Bokke

Warren Gatland, afrigter van Wallis, gaan moontlik die Britse en Ierse Leeus se afrigter wees wanneer dié span Suid-Afrika in 2021 besoek.

Warren Gatland tydens die Britse en Ierse Leeus se toer in 2017 in Nieu-Seeland. Foto: Getty Images

Die Sunday Telegraph het die naweek berig dat die raad van die Leeus twee weke gelede op ’n vergadering besluit het om binne die volgende maand met Gatland oor die bepalings van sy kontrak ooreen te kom.

Die 55-jarige Gatland, wat die Drake reeds sedert 2007 afrig en ná afloop van vanjaar se Wêreldbeker-toernooi die leisels neerlê, word ook as ’n moontlike opvolger vir Eddie Jones as afrigter van Engeland genoem.

Hoewel Gatland ’n Kiwi van geboorte is, is hy gesog in Europa, hy het immers Wallis vanjaar na sy derde Grand Slam gebrei en was die hoofafrigter van die Leeus op hul laaste twee toere na Australië en Nieu-Seeland.

Die laaste keer dat die Leeus in Suid-Afrika getoer het, in 2009 onder die breierskap van Sir Ian McGeechan, was Gatland ’n hulpafrigter.

Die Sunday Telegraph berig dat Gatland ’n groot voorstander is van die konsep van die Britse en Ierse Leeus.

Die onderhandelinge met Gatland dra na wat berig word die seën van die Walliese Rugbyunie (WRU).

Met die oog op die Drake se voorbereiding vir die Wêreldbeker-toernooi later vanjaar sal die ringkoppe van die WRU wil sien dat die onderhandelinge so gou as moontlik afgehandel word.

Jason Leonard, wat verlede week as voorsitter van die Leeus aangewys is, gaan na verwagting die onderhandelinge lei. – Sportredaksie

Meer oor:  Wallis  |  Warren Gatland  |  Britse En Ierse Leeus  |  Springbokke
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.