Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Gatland brei Leeus vir toer na SA in 2021

Warren Gatland is Woensdag as die Britse en Ierse Leeus se breier aangestel vir hul toer na Suid-Afrika in 2021.

Warren Gatland Woensdag met sy bekendstelling as afrigter van die Britse en Ierse Leeus vir hul toer na Suid-Afrika in 2021. Foto: Getty Images

Die 55-jarige afrigter van Wallis begin op 1 Augustus 2020 in sy pos. Hy was een van die Leeus se hulpafrigters toe hulle Suid-Afrika in 2009 onder Ian McGeechan as breier getoer het.

Met sy aanstelling sal Gatland geskiedenis maak as die enigste Leeus-breier wat aan die spits was van toere na Australië, Nieu-Seeland én Suid-Afrika. Die Leeus het onder hom 2013 se reeks teen Australië met 2-1 gewen en in 2017 teen Nieu-Seeland die reeks 1-1 gedeel nadat die derde toets gelykop geëindig het.

Gatland het sy aanstelling as ’n “yslike eer” beskryf.

“Suid-Afrika is ’n spesiale plek om rugby in te speel. Hulle het ikoniese stadions wat met passievolle ondersteuners gepak gaan wees. Die Springbokke het onlangs ook gewys dat hulle terug is as ’n krag in wêreldrugby,” sê Gatland in ’n nuusverklaring.

“Die geskiedenis vertel jou dat dit ’n moeilike plek is om in te toer, maar ek is 100% vol vertroue dat ons daar kan wen.”

Meer oor:  Bokke  |  Warren Gatland  |  Britse En Ierse Leeus  |  Springbokke
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.