Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Warren Gatland laat Hansen kopkrap

Hy weet nie hoe “dit gaan werk” dat Warren Gatland die Chiefs in die Superrugby-reeks gaan brei en dan in 2021 die Britse en Ierse Leeus gaan afrig nie, sê Steve Hansen, voormalige afrigter van die All Blacks.

Die 60-jarige Hansen se termyn as afrigter van Nieu-Seeland het met die afgelope Wêreldbeker-toernooi tot ’n einde gekom, terwyl Gatland ná 12 jaar as breier van Wallis die leisels neergelê het.

Steve Hansen (links) en Warren Gatland in gesprek in 2017 toe die Britse en Ierse Leeus onder Gatland se afrigting in Nieu-Seeland getoer het. Foto: Getty Images

Gatland (56), ook ’n Nieu-Seelander van geboorte, het na sy geboorteland teruggekeer om die Chiefs vir die volgende vier jaar af te rig. Deel van sy ooreenkoms is dat hy in 2021 ’n jaar se sabbatsverlof by die Chiefs kry om die Leeus te brei wat dan na Suid-Afrika toer.

“Met hom (Gatland) terug in Nieu-Seeland is ek eerlik dat ek nie seker is hoe dinge gaan werk nie. Want hy gaan die Leeus ook afrig, so daar gaan nie baie kontinuïteit met hom by die Chiefs wees nie,” sê Hansen volgens stuff.co.nz

Want hy gaan die Leeus ook afrig, so daar gaan nie baie kontinuïteit met hom by die Chiefs wees nie.
Steve Hansen

Maar Michael Collins, uitvoerende hoof van die Chiefs, sê Gatland se sabbatsverlof sal geen impak op die span hê nie.

“Ek is regtig gemaklik met waar ons onsself bevind. Ons het wonderlike hulpafrigters, wat goeie kontinuïteit vorentoe sal verseker.”

Met Hansen se opvolger wat nog nie aangewys is nie, is daar sterk gerugte wat die ronde doen dat Gatland ’n sterk aanspraakmaker op die All Black-pos is.

Tog sê Collins hy glo nie Gatland stel in dié pos belang nie, omdat hy sy voornemens om daarvoor aansoek te doen aan hom bekend sou maak.

“Ek is doodseker hy sou (gesê het as hy in die pos belangstel). In ons onderhandelings was hy baie reguit en eerlik. Ons visie is dat al ons afrigters daarna moet streef om in ’n stadium die afrigter van die All Blacks te wees.

“Ek dink net nie met wat vir Warren voorlê dat hy dit beoog in die afsienbare toekoms nie. Maar ek het nie daardie gesprek met hom gehad nie, so ek spekuleer net,” sê Collins volgens stuff.co.nz. – Sportredaksie

Meer oor:  Warren Gatland  |  Steve Hansen  |  All Blacks  |  Nieu-Seeland  |  Rugby
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.