Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Gatland peins oor Leeus-toer en Chiefs
Warren Gatland hoop die Chiefs sal leer uit vanjaar se gesukkel. Foto: Getty Images

Warren Gatland sê hy sal daarvan hou om die Chiefs volgende jaar af te rig sou die Britse en Ierse Leeus-toer na Suid-Afrika weens die Covid-19-pandemie nie kan plaasvind nie.

Volgens Gatland se kontrak met die Chiefs, kry hy in 2021 ’n sabbatsjaar om die Leeus vir ’n derde agtereenvolgende keer af te rig en keer hy in 2022 terug na sy hoofafrigterspos in Hamilton.

Die Leeus is veronderstel om in Julie en Augustus 2021 in Suid-Afrika te speel, maar Suid-Afrika sukkel nog om die pandemie onder beheer te kry.

Die Chiefs het reeds vir Clayton McMillan genader om hul span volgende jaar af te rig.

Ek sal dit seker gratis moet doen. Ek sal nie betaal word nie.
Warren Gatland

Gatland sê egter hy sal graag wil aanbly as die Nieu-Seelandse span se afrigter indien die Leeus-toer afgestel word.

“Ek sal dit seker gratis moet doen. Ek sal nie betaal word nie,” sê hy.

“Maar beslis. In die laaste sewe of agt weke het ek baie oor die spelers geleer en gesien wat ek anders kan doen en waarmee ek kan voortgaan.

“Hopelik sal dít wat ons hierdie seisoen saam geleer het volgende jaar vrugte afwerp. Natuurlik sou ek graag wil voortgaan as afrigter.”

Daar was groot afwagting toe Gatland ná meer as ’n dekade, waarin hy Wallis met groot sukses afgerig het, na Nieu-Seeland teruggekeer het.

Sover kon hy egter nie die Chiefs tot groot hoogtes inspireer nie.

Trouens, dié span het sy laaste agt wedstryde op ’n streep verloor, waarvan sewe in die Aotearoa-reeks was.

Sam Cane

Die Chiefs is onderaan die puntelys vir dié kompetisie waarin Nieu-Seeland se vyf Superrugby-spanne mekaar die stryd aansê.

“Ons is teleurgesteld. Alles gaan oor goeie resultate en ons het dit nie behaal nie,” sê Gatland.

Die Chiefs se gesukkel plaas ook groot druk op Sam Cane, wat ’n paar maande gelede as die nuwe All Black-kaptein aangewys is.

Gatland sê egter Cane is “uitstaande” ten spyte van al die kritiek teen sy span.

“Ek voel ’n bietjie jammer vir hom. Ons het sover nie vir hom dinge maklik gemaak in sy rol by die All Blacks nie,” sê Gatland. – Reuters

• Die Chiefs sal Saterdag in Wellington, teen die Hurricanes, poog om hul wendroogte te breek. Dié kragmeting word van 09:05 (SA tyd) op SS 1 uitgesaai. Sondag (05:35 op SS 1) kan die Crusaders die Aotearoa-titel beklink as hulle tuis met die Highlanders kan afreken.

Meer oor:  Sam Cane  |  Warren Gatland  |  Nieu-Seeland  |  Aotearoa-Reeks  |  Leeus-Toer  |  Afrigter  |  Chiefs  |  Rugby
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.