Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Gatland ‘waarsku’ spelers

Spelers wat die Britse en Ierse Leeus se oefenwedstryd in 2021 weens ander verpligtinge misloop, sal moeilik in die groep vir die toer na Suid-Afrika ingesluit word.

Die Britse en Ierse Leeus se Elliot Daly probeer uit die hande van Israel Dagg van die All Blacks te bly tydens die derde toets tussen die twee spanne in 2017. Foto: Getty Images

Dié tydige waarskuwing kom van Warren Gatland, afrigter van die Leeus-rugbyspan. Sy span kom op 26 Junie teen Japan in Skotland te staan, voordat hy sy groep vir die toer na die suidpunt van Afrika sal aanwys.

Die ringkoppe van die Leeus en die Engelse Premierliga is in gesprekke oor die beskikbaarheid van spelers vir die kragmeting teen die Brave Blossoms, omdat dit op dieselfde naweek as die eindstryd van die Premierliga plaasvind. Om sake vir die Leeus te bemoeilik, val die kragmeting buite die periode soos bepaal deur Wêreldrugby ingevolge regulasie 9 wat klubs verplig om spelers vry te stel.

Gatland het ook bekend gemaak dat hy ’n oefenkamp in Wallis beplan voor daardie oefenwedstryd – wat belangrik gaan wees voordat hy sy finale keuses maak.

“Dit is op hierdie oomblik nie bevestig (dat spelers nie vrygestel gaan word nie). Daar is steeds onderhandelinge aan die gang,” het Gatland aan verslaggewers gesê.

“Maar indien Engeland goed vertoon in die Sesnasies (in 2021), kan dit beteken dat ’n derde van die spelers die wedstryd teen Japan en die oefenkamp ’n week vroeër misloop.

Warren Gatland het ’n tydige waarskuwing aan spelers gerig wat hul brood in Engeland verdien. Foto: Getty Images

“Ons wil die beste spelers op toer neem, maar die realiteit is dat keuses (deur die beskikbaarheid van spelers) beïnvloed kan word. As jy op die ou end ’n keuse tussen twee spelers moet maak, kan die een wat die oefenkamp bygewoon en beskikbaar vir die wedstryd was die regmerkie bo iemand kry wat nie beskikbaar is tot ’n week voor die eerste wedstryd in Suid-Afrika nie.”

Gatland het voorgestel dat spelers wat in Engeland gebaseer is, hul klubs versoek om vrygestel te word.

“Hopelik sal gesonde verstand seëvier. Om op ’n toer van die Leeus te gaan en die belangstelling wat dit binne en buite die sport gaande het, kan jy terugkeer as ’n superster. Miskien moet die spelers hul menings laat hoor – ek dink dit sal kragtig wees.”

Hoewel slegs twee van die 12 voorste Engelse spanne in die eindstryd betrokke sal wees, sê die baadjiedraers van die Premierliga dat geen spanne spelers buite die vensterperiode sal vrystel nie. Dit sluit Saracens in wat in die twee liga sal meeding.

Die Leeus sal drie toetse en vyf wedstryde op hul toer in Suid-Afrika speel, wat van 3 Julie tot 7 Augustus sal strek. – Reuters

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.