Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Geduld by die afbreekpunte, vra blasers

Dit sal ’n ruk neem vir spelers en skeidsregters om die nuwe toepassings by die afbreekpunte baas te raak, sê Banks Yantolo, skeidsregterbestuurder van die Suid-Afrikaanse Rugbyunie (Saru).

Die “nuwe reëls” by die afbreekpunte is ’n warm besprekingspunt nadat die plaaslike Superruby Unlocked-reeks verlede naweek begin het.

Herschel Jantjies laat loop die bal Saterdag op Nuweland teen die Leeus nadat die Stormers besit by ’n afbreekpunt behou het. Foto: Gallo Images

Jake White, die Bulle-breier, het reeds verlede week die hoop uitgespreek dat daar meer bestendigheid sal wees wanneer skeidsregters by die afbreekpunte beslissings maak.

Wêreldrugby het vroeër vanjaar gesê ’n afbreekpunt-spesialisgroep (wat onder andere die Suid-Afrikaanse skeidsregter Jaco Peyper ingesluit het) het voorgestel dat bestaande reëls strenger toegepas word, in plaas daarvan om veranderings te maak.

“Soos wat met spelers en afrigters die geval is, is ons grootste uitdaging dat ons weens die Covid-19-pandemie vir ses maande nie as skeidsregters in wedstryde betrokke was nie.

“Dit sal ’n paar weke neem vir die blasers om weer skerp te wees,” sê Yantolo.

Hoewel die fokus grotendeels steeds op die verdediger en die spanmaat wat hom help (tackler assist) is, word daar nou ook noukeurig toegesien dat die baldraer nie die afbreekpunt “verskuif” deur sonder momentum vorentoe te rol nie.

“Die eerste speler by die afbreekpunt ná die baldraer en verdediger – hy word die jackler genoem – moet in ’n stérk posisie wees.

“Daarmee word bedoel dat hy albei albei hande op die bal moet hê en besit by die baldraer kan afneem wanneer daar meegeding word,” sê Yantolo.

Daar was Vrydagaand in Bloemfontein in die Unlocked-kragmeting tussen die Cheetahs en die Bulle altesame 13 strafskoppe by die afbreekpunte.

Die reëltoepassing by dié afdeling is nou baie meer tegnies en dit is nou nóg belangriker as voorheen dat spanne vooraf vasstel hoe die skeidsregters dit vertolk.

Yantolo sê die skeidsregters is ook op die uitkyk of spelers in die regte posisie – squared up, in blaserterme – is wanneer hulle by losgemale skoonmaak.

“Daar word steeds van spelers verwag om deur die sogenaamde hek te gaan as hulle by die losgemaal aansluit. Hulle moet dryf en nie induik nie wanneer daar by afbreekpunte om besit meegeding word.”

Daar word voorts van die verdedigende speler verwag om sywaarts (in die kantlyne se rigting) weg te rol sodat ’n aanvallende speler die bal kan plaas.

“Daar word gepraat van ’n oos-wes-beweging. As die beweging noord-suid is, word die aanvallende span se besit in die proses vertraag.”

Volgens Yantolo word daar ook van skeidsregters verwag om, afgesien van die baldraer, verdediger en jackler, ’n oog te hou oor spelers wat digby die afbreekpunte obstruksie pleeg sodat daar onwettig gapings vir spanmaats geskep kan word.

Meer oor:  Blasers  |  Rugbyreëls  |  Skeidsregters  |  Wêreldrugby
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.