Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Geelkaart spook by Wilmar Arnoldi

Die Cheetahs se haker Wilmar Arnoldi voel sleg oor sy geelkaart in die span se Pro14-wedstryd teen Ulster Saterdag in Belfast, maar sal weer na die voorval wil kyk.

Wilmar Arnoldi. Foto: Gallo Images

Hy het in die 45ste minuut van die wedstryd ’n rolmaalbeweging grond toe getrek en die Skotse skeidsregter, Mike Adamson, geen ander keuse gelaat as om hom af te stuur nie.

Die Cheetahs is voor dit ’n paar keer deur die blaser gewaarsku.

Die regtervleuel, Robert Baloucoune, het ná die oortreding Ulster se tweede en laaste drie gedruk in die tuisspan se uiteindelike sege met 20-10.

Dit spook nou by Arnoldi. Hy was Saterdag in die beginspan en is in die 52ste minuut deur Joseph Dweba vervang.

“Natuurlik voel ek sleg, jy wil nooit die span in die steek laat nie. Maar ek wil graag na die video gaan kyk om te sien of dit werklik so was. Hulle (Ulster) het ook maar baie keer van die kant af ingekom, drie of vier keer en dan gee die skeidsregter net ’n strafskop aan ons.

“Ná ons tweede of derde oortreding het ons toe ’n geelkaart gekry. Hy (Adamson) het gesê dit was vir ’n herhaalde oortreding, as ek reg is. Dit is egter so dat ’n ou nooit ’n geelkaart wil kry nie,” het Arnoldi ná die tyd gesê.

Die breier, Hawies Fourie, sê hulle weet waar hulle gefouteer het.

“By die afbreekpunte was ons nie goed nie. Hulle het ons daar uitoorlê, maar ek weet nie hoe wettig dit altyd was nie.

“Maar, toegegee, hulle het dit maar daar vir ons baie moeilik gemaak. Ons het g’n keuse as om daardie foute reg te stel nie. Sodra ons op die oefenveld kom. Want ons sal moet verbeter voor ons Saterdag die Dragons pak.”

Nog ’n aspek van die Cheetahs se spel wat teen die Noord-Ierse span gelol het, was die lynstane.

Arnoldi het ’n keer of wat nie sy springers gevind nie en toe Dweba opgekom het, het hy met sy eerste ingooi by die lynstaan ook nie sy springers gevind nie.

“Dit is maar moeilik as dit reën en die wind waai. Nie dat dit ’n verskoning is nie, ons moet daar verbeter. Ek dink wel ons het goed meegeding,” het Arnoldi gesê.

“Lynstane is nie meer so eenvoudig soos dit altyd was nie, maar ons gaan dit ook nie as verskoning gebruik nie, ons moet ons eie balle wen.”

Meer oor:  Pro14  |  Cheetahs
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.