Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
'Geen gunsies vir Chiefs se All Blacks'

Die Chiefs se nuwe breier, Warren Gatland, het ’n waarskuwing aan sy span se All Blacks gerig dat geen plek in sy beginspan as vanselfsprekend aanvaar kan word nie.

Die 56-jarige Nieu-Seelander, wat sedert November 2007 die hoofafrigter van Wallis se Rooi Drake was, keer die eerste keer in 12 jaar terug na ’n afrigterspos in sy geboorteland.

Warren Gatland sal volgende jaar die Chiefs in die Superrugbyreeks brei. Foto: Getty Images

Luidens die New Zealand Herald het Gatland dit reeds duidelik gemaak dat hy beoog om ’n nuwe span aanmekaar te sit wat sy waardes deel.

Hy sê geen sogenaamde babelas ná afloop van die Wêreldbeker-rugbytoernooi in Japan sal geduld word nie, met geen spelers wat net in sy span sal instap nie.

“Ek dink hulle (die All Blacks) is diegene wat ’n bietjie angstig daaroor sal wees,” sê Gatland.

“Wanneer jy soms vir lang tydperke van die spel af weg is en vier of vyf weke saam met die span gemis het, dan kom jy terug en wonder waar hulle gaan wees (in terme van hul peil), by watter fase hulle is en hoeveel werk jy sal moet doen om op te vang.

“Hopelik kom hulle nie al dwalend terug en dink dat hulle net gaan inkom en die leiding neem nie.”

Gatland erken dat hy self ook sal moet seker maak dat hy weer maklik inpas by die span en sy kop op die regte plek sal moet kry voordat die 2020-Superrugby-seisoen in Januarie afskop.

Die All Blacks sal in 2020 weer hul omstrede beleid toepas dat gekontrakteerde All Blacks deurlopend gerus moet word.

Die All Blacks se Superrugbyspelers sal eers vanaf 13 Januarie by hul spanne inval, net minder as drie weke voordat die reeks begin.

Gatland sal egter opgewonde wees oor die feit dat spelers soos Sam Cane, Angus Ta’avao, Brad Weber, Atu Moli, Nepo Laulala en Anton Lienert-Brown vir die Chiefs sal terugkeer.

Ook Damian McKenzie en Luke Jacobson sal albei ná ’n lang tyd weg met beserings weer terug wees, terwyl die voormalige All Black-losskakel Aaron Cruden terug is van Europa. – Sportredaksie

Meer oor:  Warren Gatland  |  Damian Mckenzie  |  Aaron Cruden  |  Chiefs  |  All Blacks  |  Superrugby-Reeks
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.