Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Geen Le Roux vir ‘Le Crunch’ in Sesnasies

Bernard le Roux, ’n Suid-Afrikaans gebore slot van Frankryk, gaan Saterdag se Sesnasies-wedstryd teen Engeland op Twickenham misloop.

Bernard le Roux is aan Saterdag se Sesnasies-toets tussen Engeland en Frankryk op Twickenham onttrek. Foto: Getty Images

Die Franse Rugbyunie (FFR) het die aankondiging Woensdag in ’n nuusverklaring gemaak.

Le Roux, wat al 46 toetse vir Frankryk gespeel het, was in die beginspan vir verlede maand se oorwinnings oor Italië en Ierland. Hy en nog ’n Suid-Afrikaner, Paul Willemse, is tans die Hane se voorkeur-slotkombinasie.

Die FFR het nie ’n rede vir Le Roux se weglating verskaf nie.

Swan Rebbadj, ’n hemelbesem van Toulon, vervang Le Roux in die groep vir die stryd teen die Rose wat tradisioneel as “Le Crunch” bekend staan. Die 26-jarige Rebbadj het sy toetsbuiging vir Frankryk in November verlede jaar teen Italië gemaak, maar sedertdien nog nie weer vir die Hane opgedraf nie.

Frankryk mik vir sy eerste Sesnasies-titel sedert 2010 en is tweede op die punteleer met nege punte ná twee wedstryde. Dit is vyf agter Wallis, wat ’n wedstryd meer gespeel het.

Frankyk kon nie voorverlede week teen Skotland speel nie weens etlike Covid-19-infeksies in die Hane se kamp en dié wedstryd moes noodgedwonge uitgestel word. – Reuters, Sportredaksie

Meer oor:  Frankryk  |  Hane  |  Sesnasies
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.