Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Geen partytjie in Londen vir Fidji

Ondersteuners van Fidji se sewesspan moet die naweek nie na die span se hotel in Londen opruk nie omdat die Fidjiane gefokus moet bly.

Aminiasi Tuimaba van Fidji in aksie in die sewestoernooi in Hongkong in April. Foto: Getty Images

Die voorlaaste sewestoernooi van die seisoen word die naweek in Engeland se hoofstad beslis, met die swanesang ’n week later in Parys.

Dit kan behoorlik ’n gestoei afgee tussen Amerika en Fidji om oor minder as ’n week as die algehele kampioen gekroon te word. Amerika is tans die voorloper op die algehele punteleer met 145 punte, gevolg deur Fidji op 142 punte.

Fidji het natuurlik slegte herinneringe aan verlede seisoen toe Suid-Afrika hom teen alle verwagting in in Parys verbygesteek het om die kroon te dra. Juis daarom wil die span se bestuur vanjaar niks aan die toeval oorlaat nie.

Fidji se hoë kommissaris het ook ondersteuners ingelig dat ’n groot partytjie wat vir Sondagaand in die Engelse hoofstad beplan is, afgelas is sodat die span op Parys kan fokus, aldus rugbypass.com

Fidji is die verdedigende kampioen in Londen nadat hy die Blitsbokke in 2018 in die eindstryd met 21-17 geklop het. – Sportredaksie

Meer oor:  Parys  |  Sewesreeks  |  Fidji  |  Blitsbokke  |  Londen-Sewestoernooi
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.