Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Geen stappe teen ‘stoute’ Crusaders
Richie Mo’unga (regs), losskakel van die Crusaders, tydens Saterdag se Superrugbyweduysrtd teen die Hurricanes, word deur sy spanmaat Braydon Ennor geluk gewens.Foto: AP

Nieu-Seeland Rugby (NZR) gaan geen stappe doen teen die twee Crusaders wat hulle glo wangedra het tydens die Superrugbytoer in Mei na Suid-Afrika nie.

Daar was ernstige bewerings van onbetaamlike gedrag teen die Crusaders-vleuel George Bridge nadat hy in ’n kitskosrestaurant in Kaapstad glo homofobiese opmerkings, wat ’n piep stem en slap gewrigte ingesluit het, teenoor lede van die publiek gemaak het.

Die voorval het ná die kragmeting met die Stormers op Nuweland plaasgevind.

In ’n gesamentlike verklaring deur die NZR en die Crusaders is daar Maandag gesê dat die voorval nie bevestig kon word nie.

Daar was ook beskuldigings van wangedrag deur die losskakel Richie Mo’unga in ’n kroeg in Pretoria ná die kragmeting met die Bulle op Loftus.

Volgens die klaagster het Mo’unga glo bier op hulle gespoeg.

Mo’unga het ná die voorval in ’n teksboodskap aan die klaer gesê dat hy nie voorval kan onthou nie.

Vanselfsprekend was ek aangeklam en moes ek lank voor die voorval huis toe gegaan het.
Richie Mo'unga

“Vanselfsprekend was ek aangeklam en moes ek lank voor die voorval huis toe gegaan het,” het Mo’unga getwiet.

Die NZR het Mo’unga wel oor die vingers geraps, omdat sy reaksie op die beweerde voorval nie met die waardes van Nieu-Seelandse rugby vereenselwig kan word nie.

“Ons glo dat hy (Mo’unga) waardevolle lesse geleer het en ons tevrede daarmee hy hom voortaan nie in dieselde posisie sal bevind nie,” het Nigel Cass, hoof van die NZR, gesê.

Die onafhanklike ondersoek is gelas kort nadat die spelers na die toer in Christchurch aangekom het.

* Steph Dyhrbergh, ’n prokureur wat die namens die NZR die ondersoek gedoen het, wou volgens stuff.co.nz nie sê of sy die geslotekring-materiaal van die beweerde voorvalle onder die oë gehad het nie.

Nieu-Seeland Rugby het die Crusaders wel aangesê om hul beleid rakende die gebruik van alkohol en sosiale media dringend te hersien. – Reuters, Sportredaksie

Meer oor:  Richie Mo'unga  |  Christchurch  |  Nieu-Seeland  |  Rugby  |  Tugstappe  |  Crusaders  |  Superrugby
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.