Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Geldhulp laat Draak Kaapse draai gooi

’n Derde party het ingespring om te verseker dat die Walliese senter Jamie Roberts wel vanjaar vir die Stormers in die Superrugby-reeks sal speel.

Die Walliese senter Jamie Roberts (regs) in aksie teen Tonga tydens verlede jaar se Wêreldbeker-toernooi. Foto: Getty Images

Die 33-jarige Walliese senter se skuif Kaap toe was tot onlangs toe nog in die weegskaal, omdat die geldknyp van die Kaapse franchise dit onmoontlik gemaak het om Roberts se koste ten opsigte van huisvesting en vervoer te betaal.

Maar danksy die finansiële ingryping van ’n derde party het die Stormers se onderhandelinge met Roberts tog bevredigend afgeloop. Al wat Roberts se skuif na die Kaap nog deur die mat kan laat val, is as die Engelse klubspan Bath (vir wie Roberts speel) die volgende week of twee onderpresteer en van besluit verander.

Ná die vertrek van Damian de Allende na die Japanse klubspan Panasonic Wild Knights was die Stormers se diepte in die middelveld met die oog op vanjaar se Superreeks erg uitgedun.

De Allende beplan ook nie om gou na die Kaap terug te keer nie. Hy sal hom ná sy Japanse draai saam met RG Snyman by Johann van Graan se Ierse klubspan Munster aansluit.

Die Stormers het weens sy senter-verlies met Roberts, die Fransman Mathieu Bastereaud en die Skot Huw Jones in gesprek getree om in die Kaap te kom speel.

* Die stof wil steeds nie gaan lê oor die moontlikheid dat die veelsydige voorspeler van die Stormers, Cobus Wiese, hom een of ander tyd by Saracens sal aansluit nie.

Dit kan selfs ná vanjaar se Superreeks wees.

Daar is juis sprake dat Saracens die losvoorspelers Michael Rhodes en Calum Clark gaan verloor.

* Onsekerheid bestaan nog oor die toekoms van die Stormers se veelsydige Bok-agterspeler Dillyn Leyds.

Die Franse klubspan La Rochelle hoop steeds om hom te teken, al is hy vanjaar nog vir die Stormers beskikbaar.

Meer oor:  Stormers  |  Superrugby-Reeks  |  Jamie Roberts  |  Geldknyp
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.