Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Volmink wil voluit speel vir Cheetahs

Hy het verlede seisoen, voordat hy by Griekwas aangesluit het, in ses Pro14-wedstryde vir die Southern Kings gespeel en dít het die heelagter Anthony Volmink se lus nóg groter gemaak om rugby op ’n hoër vlak te speel.

Volmink (29), ’n boorling van Bredasdorp in die Overberg, sê dit het tyd geword dat hy die volgende tree in sy loopbaan gee en sy stempel behoorlik afdruk.

Anthony Volmink het Maandag as leenspeler vanaf Griekwas by die Cheetahs aangemeld. Foto: Gallo Images

“Die Pro14 is ’n ongelooflike kompetisie, met baie goeie spelers. Die reeks wemel van internasionale spelers. Die reëls van die spel by egter dieselfde, die vereiste vaardighede ook, maar op daardie vlak gaan dit oor die regte besluitneming.

“Die reeks is nie vir my iets nuuts nie, maar ek is opgewonde om dit saam met die Cheetahs te kan aanpak,” sê Volmink, wat deur Griekwas aan die Cheetahs geleen word.

“Ek kry die gevoel die Cheetahs kan dié seisoen baie goed vaar. As dieselfde wedstrydplan, wat sukses in die Curriebeker-reeks gebring het, gebruik word, dan kan dit mos net goed gaan.

“Ek besef dit is twee verskillende kompetisies, maar die beginsels bly dieselfde.”

By die Cheetahs is die veelsydige Volmink, wat ook op vleuel ingespan kan word, een van ’n klomp spelers wat op heelagter oorweeg kan word.

Volmink sê hy kan die Cheetahs ervaring bied, maar besef dit gaan moeilik wees om sommer ’n plek in die 23-tal te kry ná die Vrystaatse span se sukses in die Curriebeker-reeks.

“Ek het onder Brent (Janse van Rensburg, Griekwas se voormalige breier) geleer as elke speler inkoop in wat die plan vir die span is, verloop alles soveel makliker.”

Spelers soos Clayton Blommetjies, Louis Fouché, Rhyno Smith, Malcolm Jaer, Adriaan Carelse, Craig Barry, Tapiwa Mafura, George Whitehead en selfs William Small-Smith kan almal op heelagter ingespan word.

Dit lyk asof Blommetjies voor in die ry staan om die laaste vesting volgende Vrydag teen die Glasgow Warriors in Bloemfontein te beman. Hy het ’n goeie Curriebeker-reeks beleef.

Sy terugkeer vir die Curriebeker-reeks was ’n welkome een in die afwesigheid van die beseerde Jaer.

Daar was intussen ’n wysiging in die Pro14-bepalings, wat Dinsdag amptelik bevestig is.

Die Cheetahs begin steeds met drie tuiswedstryde. Die derde een teen Munster word egter nou ook op ’n Vrydag beslis.

Die Cheetahs speel vanjaar in wit in hul tuiswedstryde en met hul gestreepte truie in toerwedstryde.

Meer oor:  Pro14  |  Cheetahs  |  Anthony Volmink
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.