Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Genia bêre Wallaby-stewels ná WB
Die Australiese skrumskakel Will Genia se tyd in die toets-arena raak min. Foto: Getty Images

Die Wallaby-skrumskakel Will Genia sê hy gaan ná vanjaar se Wêreldbeker-toernooi in Japan nie meer vir toetsrugby beskikbaar wees nie.

As Genia vanjaar die Wallabies se uitsoekspan vir die skouspel in Japan haal, sal dit sy derde WB-toernooi wees.

Hy het sy toetsdebuut in 2009 gemaak en het teen die einde van verlede jaar in sy 100ste toets teen Engeland gespeel.

Die 31-jarige Genia sal ná die WB-toernooi vir die Japanse klub Kintetsu Liners uitdraf.

Hy voel dis die regte tyd om vir ’n ander speler plek te maak.

“Vanuit die span se perspektief wil ons met die Rugbykampioenskap momentum begin opbou vir die Wêreldbeker,” sê Genia in ’n verklaring.

Vanuit ’n persoonlike perspektief wil ek dit net geniet. Dit voel soos gister toe ek as 21-jarige ’n Wallaby geword het.
Will Genia

“Vanuit ’n persoonlike perspektief wil ek dit net geniet. Dit voel soos gister toe ek as 21-jarige ’n Wallaby geword het.”

Genia, wat in Papoea-Nieu-Guinee gebore is, is tans in Suid-Afrika waar hy vir die Wallabies se toets teen die Springbokke, volgende Saterdag op Ellispark, voorberei.

Nic White | Foto: Getty Images

Volgens Genia is daar knap skrumskakels soos Nic White, Joe Powell, Tate McDermott en Moses Sorovi wat by hom kan oorneem in die nasionale span.

Genia het in 2012 ’n groot knieoperasie ondergaan.

Hy het ná die 2015 WB-toernooi twee seisoene vir Stade Francais in Frankryk gespeel voordat hy hom verlede jaar weer by die Melbourne Rebels in Australië aangesluit het.

Hy het ook meer as 100 wedstryde vir die Reds gespeel en was in die span wat in 2011 die Super-reeks gewen het.

“Lang Park (die Suncorp-stadion) is steeds my tuiste. Dit is die spesiaalste plek waar ek rugby gespeel het,” sê Genia.

“As ek so gelukkig is om oor ’n paar weke daar teen Argentinië te speel, sal dit vir my ’n ongelooflik emosionele oomblik wees.” – Reuters

Meer oor:  Will Genia  |  Nic White  |  Australie  |  Skrumskakel  |  Wallabies  |  Rugby  |  Wereldbeker-Toernooi
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.