Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Georgië draf dalk in Eerste Liga uit ná pakt

Georgië kan in 2020 ’n verrassende buiging in die Curriebeker se Eerste Liga maak nadat ’n ooreenkoms in dié verband met SA Rugby bereik is.

Ondersteuners van Georgië se rugbyspan gedurende die afgelope Wêreldbeker-toernooi in Japan. Foto: Getty Images

Die Georgië-rugbyunie het die aankondiging gister op sy webwerf gemaak. Die ooreenkoms is van 1 Januarie 2020 vir ’n tydperk van 11 jaar van krag.

Die ooreenkoms, wat deur Saru se president, Mark Alexander, en Gocha Svanidze, sy eweknie in Georgië, onderteken is, is soortgelyk aan dié wat SA Rugby in die verlede gesluit het met lande soos Argentinië, Rusland, Kenia en Namibië.

Hoewel daar op die webwerf aangekondig is dat ’n span van Georgië in die Curriebeker sal deelneem, moet die besluit glo nog deur SA Rugby goedgekeur word. Dié deelname sal op ’n soorgelyke grondslag geskied as Argentinië se Jaguares XV, wat vanjaar die eerste liga gewen het.

Die ooreenkoms sal wedstryde van verskillende ouderdomsgroepe tussen die twee lande insluit. Die SA o.20-span het reeds verlede maand ’n toer na Georgië onderneem.

Suid-Afrika sal ook hulpbronne beskikbaar stel om afrigters, skeidsregters en bestuurders van Georgië op te lei.

Meer oor:  Sa Rugby  |  Georgië  |  2020
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.