Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Georgië kom SA toe vir toets teen Bokke

Die Springbokke sal volgende jaar vir die eerste keer sedert 2003 teen Georgië te staan kom.

Die Suid-Afrikaanse Rugbyunie (Saru) het bekendgemaak dat die nuwe wêreldkampioen op 18 Julie teen Georgië sal speel.

Ondersteuners van Georgië se rugbyspan gedurende die afgelope Wêreldbeker-toernooi in Japan. Foto: Getty Images

Georgië het nog nooit in Suid-Afrika in ’n toets gespeel nie.

Voor dié geskiedkundige kragmeting, kom die Bokke op 4 en 11 Julie in twee toetse teen Skotland te staan.

Die Springbokke se eerste en enigste toets tot nog toe teen Georgië was in 2003 se Wêreldbeker-toernooi in Australië. Die Bokke het daardie wedstryd in Sydney met 46-19 gewen.

Danie Rossouw, wat daardie dag steelkantflank gespeel het, het twee drieë gedruk, terwyl Derick Hougaard 16 punte met sy skopvoet bygedra het.

Ná dit het ’n Opkomende Springbokspan in 2007 en 2008 teen Georgië se nasionale span gespeel in ’n toernooi om die Nasiesbeker, wat deur die eertydse Internasionale Rugbyraad aangebied is.

Die Opkomende Bokke was in 2007 met 61-7 aan die wenkant en in 2008 met 11-3.

Georgië het by die afgelope Wêreldbeker-toernooi in Japan een uit vier wedstryde in Groep D gewen.

Hy het onder meer Uruguay in ’n kragvertoning met 33-7 geklop en die Wallabies moes daarna sweet om hom met 27-8 te troef.

Saru sal die gasheerunies en afskoptye van die toetse later bekendmaak.

Meer oor:  Suid-Afrika  |  Springbokke  |  Georgië  |  Rugby
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.