Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Georgië vang SA o.19’s amper aan slaap

Die Suid-Afrikaanse o.19-rugbyspan het sy kort toer na Georgië onoorwonne afgesluit deur sy eweknie van dié land Donderdag naelskraap te klop.

Suid-Afrika het Georgië met 40-33 in Tbilisi geklop, maar hulle moes teen die einde verwoed walgooi.

Muzi Manyike het twee keer vir Suid-Afrika se o.19-span gaan druk. Foto: Gallo Images

Met minder as tien minute se speeltyd oor was die Suid-Afrikaners gerieflik met 40-19 voor. Toe leer die besoekers egter amper op die harde manier dat jy nie ’n uiltjie teen die woestaards van Georgië kan knip nie, met die tuisspan wat laat in die wedstryd twee keer agter die doellyn gaan kuier het en hard gedruk het vir ’n gelykmaker.

Suid-Afrika het altesaam ses drieë gedruk met die vleuel Stravino Jacobs en die heelagter, Muzi Manyike, wat elkeen twee keer oorgeduik het.

Eintlik was Georgië elke keer wat die besoekers die bal wyd gespeel het in die moeilikheid en het gesukkel om Jacobs-hulle te stop wanneer hulle op vaart was.

Maar dinge het effens anders voorlangs verloop, waar Suid-Afrika genadeloos by die afbreekpunte gestraf is en ook meer as een keer by skrums.

Boonop het Suid-Afrika twee geelkaarte op die lyf geloop, met die agtsteman, Werner Gouws, en plaasvervanger-voorryman Hanro Jacobs wat ’n rukkie in die koelkas deurgebring het.

Gouws, wat een van die uitblinkers met die bal in die hand was, se geelkaart was dalk effens onregverdig. Hy is gestraf nadat hy met die bal onder die arm op ’n lopie afgesit het en ’n speler van Georgië wou afkeer en kontak met sy kop gemaak het.

Dit is jammer dat die Suid-Afrikaners met tye effens weggeraak het in die wedstryd. Tog sou die afrigter, Chean Roux, baie dinge oor baie spelers wys geword het.

Agterlangs het die kaptein en senter, Rynhardt Jonker, die bal goed versprei, en voorlangs het die flank Morné Brandon nie geskroom om sy hande vuil te maak nie.

Puntemakers:

Suid-Afrika o.19: 40 (26): Drieë: Muzi Manyike (2), Stravino Jacobs (2), Morné Brandon, Jaden Hendrikse. Doelskoppe: Ethan Wentzel (3), Juan Mostert (2).

Georgië o.19: 33 (12): Drieë: Luka Khekhelashvili (2), Levan Kushashvili, Luka Kokhia, Tornike Zakariadze. Doelskoppe: Sandro Margiani (2), Lasha Lomidze (2).

Meer oor:  Sa O.19-Rugbyspan  |  Junior Bokke  |  Georgië
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.