Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Geskiedkundige sege vir Exeter Chiefs

’n Strafdoel in die doodsnikke deur Joe Simmonds het die Exeter Chiefs se sege in die eindstryd van die Kampioenebeker-reeks bo alle twyfel gestel.

Exeter Chiefs se senter Henry Slade duik oor vir sy span se vierde drie. Foto: Getty Images

Die Engelse het Racing 92 Saterdag met 31-27 in Bristol geklop. Met die sege het hulle ’n eerste keer daarin geslaag om die reeks te wen.

Maar die wenspan moes teen die einde behoorlik walgooi. Teen rustyd was hy met 21-12 voor, danksy drieë deur die voorspelers Luke Cowan-Dickie, Sam Simmonds en Harry Williams. Simon Zebo en Juan Imhoff het in die eerste helfte vir Racing 92 agter die doellyn gaan kuier om hul span binne trefafstand te hou.

Maar toe skop die Racing 92 in die tweede helfte behoorlik vas, met Zebo wat ’n tweede keer oorgeduik het en Camile Chat wat ook gaan druk het.

In die laaste nege minute het Exeter Chiefs net 14 spelers op die veld gehad, nadat Tomas Francis koelkas toe gestuur is. Die Franse span het op die aanval geboer, maar Exeter Chiefs het verwoed verdedig – met Simmonds se strafdoel die laaste spyker in Racing 92 se doodskis.

Exeter kom aanstaande naweek in die eindstryd van die Engelse Premierliga teen Wasps te staan. – Reuters

Meer oor:  Racing 92  |  Exeter Chiefs  |  Rugby
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.