Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Farrell help Saracens op oefenveld
Owen Farrell bevind hom tans langs die kantlyn weens ’n roekelose duikslag in ’n Premierliga-wedstryd vir Saracens. Foto: Getty Images

Hoewel Owen Farrell geskors is, help hy Saracens se rugbyspan met sy voorbereiding vir Saterdag se Kampioenebeker-kwarteindstryd teen Leinster.

Mark McCall, Saracens se hoofafrigter, sê die 28-jarige Farrell help die span se agterlyn om hul verdediging gereed te kry vir dié kragmeting.

Farrell, wat ook Engeland se kaptein is, is onlangs vir vyf weke geskors nadat hy die Wasps-speler Charlie Atkinson in ’n Premierliga-wedstryd met ’n hoogvat platgetrek het.

Hy wil net help. Hy het berou oor die situasie waarin hy hom bevind.
Mark McCall

Dié duikslag is wyd veroordeel en Farrell is as gelukkig beskou dat hy net vir vyf weke geskors is.

“Hy is in die beheer van die teenstanders se aanvalle teen ons (die beginspan). Hy help ons deur party van Leinster se aanvalle na te boots,” sê McCall.

“Hy wil net help. Hy het berou oor die situasie waarin hy hom bevind. Hy probeer nie Johnny Sexton (Leinster se losskakel en kaptein) wees nie, hy is net Owen Farrell, wat op losskakel vir die teenstanders speel.”

Saracens sal ná die seisoen outomaties uit die Premierliga gerelegeer word omdat die klub die salarisperk-reëls verbreek het. – Reuters

Meer oor:  Owen Farrell  |  Engeland  |  Engelse Premierliga  |  Rugby  |  Kampioenebeker-Kwarteind  |  Skors  |  Hoogvat  |  Saracens
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.