Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Gesoek by Loftus: Lostrio vir toekoms

Die soektog na ’n nuwe lostrio het in alle erns by Loftus Versfeld begin.

Marcell Coetzee, wat vir Ulster in Ierland speel, word binnekort ’n Bul en word beskou as ’n logiese opvolger vir Marco van Staden. Foto: Getty Images

Die Bulle het verlede seisoen groot sukses behaal met die gedugte kombinasie van Duane Vermeulen, Elrigh Louw en Marco van Staden.

Van Staden het Vrydagaand teen die Stormers in die voorbereidingsreeks weer gewys hoe invloedryk hy by die afbreekpunte is.

Jake White, die Bulle-breier, het aangedui hy doen reeds beplanning vir die pad vorentoe sonder Van Staden, wat ’n kontrak met die Leicester Tigers gesluit het.

Daar is voorts nog nie duidelikheid oor Vermeulen se toekomsplanne nie. Hy word in Julie 35 jaar oud.

Hy het onlangs gesê hy is sielkundig reg om die Springbokke in 2023 vir oulaas op die Wêreldbeker-toernooi in Frankryk te verteenwoordig, maar of die lyf dit gaan hou, is ’n ander saak.

By Loftus word gehoop vir die beste, maar met die konserwatiewe veronderstelling dat Vermeulen ná die Britse en Ierse Leeus-toer halt gaan roep.

Edgar Rathbone, uitvoerende hoof van die Blou Bulle Maatskappy (BBM), sê hulle plaas ’n groot premie op losvoorspelers wat enige plek in die lostrio kan speel.

“Met ’n beperking van 45 spelers in die (senior) groep, is veelsydigheid baie belangrik.

“Jy gaan dalk nie ’n nr. 6-flank hê wat ’n spesialis-baljagter is nie, maar ons het spelers soos Nizaam Carr, Werner Gouws en Muller Uys, wat almal goed grond toe speel.

“Ons is ook bevoorreg om Van Staden se leemte met ’n ander ervare Springbok soos Marcell Coetzee te vul.”

Dit kos gewoonlik meer as een speler om die Bulle-yster Marco van Staden te stuit. Foto: Gallo Images

Die kontrak van Ruan Steenkamp, wat in sy tiende seisoen by die Bulle is en die span in die verlede aangevoer het, verstryk in Oktober. Die kans is skraal dat hy in Pretoria sal aanbly, gegewe dat hy nog nie in die White-era vir die span gespeel het nie.

Afgesien van Van Staden is die Bok-skrumskakel Ivan van Zyl die enigste ander senior Bul wat verlore is vir die unie.

Hy word in Julie die volgende speler op ’n lang lys van Suid-Afrikaners wat al vir die Engelse klub Saracens uitgedraf het.

Rathbone sê die gesprekke wat vroegtydig met Van Staden en Van Zyl oor hul loopbane gevoer is, het die situasie vergemaklik.

“Ons streef daarna om te alle tye oop en eerlik met die spelers te wees en dit het gehelp dat ons betyds kon kyk na iemand soos Zak Burger (vir Van Zyl).”

• Stedman Gans, buitesenter van die Bulle, gaan die volgende sowat tien weke ’n toeskouer wees weens die enkelbesering wat hy Vrydagaand teen die Stormers opgedoen het.

Meer oor:  Blou Bulle  |  Jake White  |  Rugby
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.