Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Tier klop by parlement om hulp aan
Tier Schoeman in aksie vir die Honda Heat teen die Canon Eagles in Februarie vanjaar. Foto: Getty Images

So gefrustreerd is die Suid-Afrikaanse losvoorspeler Tier Schoeman omdat hy in Japan vasgekeer is weens die Covid-19-pandemie, dat hy hom nou tot die Suid-Afrikaanse parlement gewend het.

Schoeman (27), wat voorheen vir die Bulle en Cheetahs uitgedraf het, speel tans vir die Honda Heat en hy en sy vrou, Kendall, woon in Soezoeka.

“Ons het aanvanklik ons vlug (terug na Suid-Afrika) bespreek vir die 27ste Maart toe ons hoor die Topliga is afgelas. Toe die nuus van die inperking (in Suid-Afrika) bekend raak, is alle Emirates-vlugte gekanselleer.

"Toe bespreek ons nog ’n vlug met Etihad vir die 24ste, sodat ons by die huis kon kom voordat die inperking intree. Maar toe word dié vlug ook gekanselleer. So ons is nou vir die laaste meer as twee weke hier gestrand,” sê Schoeman.

“Ons is voortdurend in gesprek met die Suid-Afrikaanse ambassade in Japan en het geregistreer by die departement van internasionale betrekkinge as Suid-Afrikaners wat in die buiteland vasgekeer is. Ek het tot mense in die parlement getwiet om bewusmaking te skep,” sê hy.

Hy sê Covid-19-gevalle het laaste twee weke ernstig in Japan toegeneem en gevolglik is ’n noodtoestand daar afgekondig.

Schoeman sê hy en sy vrou gaan alles in die stryd werp om by die huis uit te kom.

“Ons almal is gesond, maar ons is bekommerd oor hoe skerp die verspreiding van die virus hier toeneem. ’n Mens hoor van ander se ervarings en voel bekommerd oor jou kans om dalk siek te raak in so ’n omgewing.”

Teen Donderdagoggend is 4 667 mense in Japan reeds positief getoets vir Covid-19, met 94 sterfgevalle.

Schoeman is uiteraard ook bekommerd oor sy familie in Suid-Afrika. Dis ’n wedersydse gevoel, maar hulle probeer almal positief bly in dié moeilike tyd.

“Ja hulle (familie) is kwaai besorg. Hulle wil net hê ons moet veilig en gesond by die huis kom. Ons praat amper daagliks, maar nie regtig oor die virus nie. Meer oor die boerdery,” sê Schoeman, wie se familie in die Oos-Kaap boer.

Schoeman was vir die afgelope Japanse seisoen deur die Heat gekontrakteer en hy hoop om weer na hulle te kan terugkeer.

Ander Suid-Afrikaners wat saam met Schoeman vir die Heat speel is die Springbok-slot RG Snyman en die stut Matthys Basson.

Meer oor:  Tier Schoeman  |  Bloemfontein  |  Japan  |  Covid-19  |  Rugby  |  Koronavirus  |  Gestrand  |  Flank  |  Cheetahs
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.