Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Gewese All Black-senter dood
Terry Lineen in sy jong dae. Foto: National Library of New Zealand

Die voormalige All Black-senter Terry Lineen, wie se loopbaan in 1960 – op 24-jarige ouderdom – tydens die toetsreeks teen die Springbokke kortgeknip is, is Maandag in die ouderdom van 84 dood.

Lineen het sy debuut vir Nieu-Seeland in 1957 teen Australië gemaak en het uiteindelik in 12 toetse vir die All Blacks diens gedoen.

Sy laaste toets was teen die Bokke in 1960 in Bloemfontein. Hy het in dié kragmeting, die derde toets van die reeks, sy skouer sodanig beseer dat hy uit die spel moes tree.

Die All Blacks en Springbokke was in die 1960-reeks in ’n titaniese stryd gewikkel. Nadat Suid-Afrika die eerste toets op Ellispark met 13-0 gewen het, het die Kiwi’s op Nuweland teruggeslaan met ’n oorwinning van 11-3.

Die derde toets, in Bloemfontein, het met 11-11 gelykop geëindig. Die Bokke het die vierde en beslissende toets, op die ou Boet Erasmus in Port Elizabeth, met 8-3 gewen.

Sean Lineen het in sy pa se voetspore gevolg en ook toetsrugby gespeel, hoewel dit in die kleure van Skotland was. Hy is tans ’n afrigter in sy aangenome land. Foto: Getty Images

Een van Lineen se seuns, Sean, het ook naam gemaak in rugby.

Nadat hy provinsiale rugby in Nieu-Seeland gespeel het, het hy sy loopbaan in Skotland gaan voortsit. Hy het uiteindelik tussen 1989 en 1992 in 29 toetse vir sy aangenome land gespeel. Sean Lineen het ná sy dae as speler begin afrig en is die afrigter van die Skotse o.20-span. – Sportredaksie

  • Bykomende bronne: nzherald.co.nz; scotsman.com


Meer oor:  Oorlede  |  All Blacks
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.