Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Oud-All Black-slot sterf kort ná spanmaat

Enkele dae nadat hy die grafrede by die begrafnisdiens van sy oud-All Black-spanmaat Brian (Jazz) Muller gelewer het, is die voormalige slot Sam Strahan ook dood.

Sam Strahan (voor) vir Manawatu in aksie. Foto: Facebook | Manwatu Rugby

Luidens ’n berig op nzherald.co.nz is Strahan, wat in 45 wedstryde en 17 toetse vir Nieu-Seeland gespeel het, Saterdag skielik by sy huis in Kiwitea oorlede. Hy was 74 jaar oud.

Nes Muller, ’n stut, was Strahan lid van Brian Lochore se All Black-span wat in 1970 in Suid-Afrika getoer het.

Strahan het in drie van die toetse gespeel in die reeks wat die Springbokke met 3-1 gewen het. Hy en die legendariese Colin Meads het gereeld die slotpaar gevorm.

Hy het sy debuut in 1967 teen Australië gemaak en sy laaste toets in 1973 was teen Engeland.

Die New Zealand Herald se webwerf berig dat Strahan een van die grotes van die provinsie Manawatu was. Hy het in 70 wedstryde vir dié span gespeel.

Muller is op 12 Desember in die ouderdom van 77 oorlede. – Sportredaksie, ESPNscrum.com

Meer oor:  All Blacks
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.